Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skietongeluk eis onderwyser

’n Beminde onderwyser by die Hoërskool Robertson is tragies in wat deur die polisie as ’n fratsskietongeluk beskryf word, by sy huis in Kleinmond dood.

David Brink het luidens ’n polisieverslag glo Maandag 7 Mei vroeg die oggend, net voordat hy na Robertson vir sy werk sou vertrek, die kluis by sy huis probeer oopbreek.

Hy het in ’n tydelike pos by die skool waargeneem.

Luidens die polisieverslag het Brink die kluis oopgebreek omdat hy die sleutel verloor het. Hy het toe glo die vuurwapen uitgehaal en ’n skoot het afgegaan wat hom noodlottig getref het. Hy is op die toneel dood.

“Geen misdaad word vermoed nie,” sê kapt. Cynthia Ndabeni, polisiewoordvoerder.

“Die personeel en leerders van Hoërskool Robertson is diep geskok deur die tragiese heengaan van ’n geliefde kollega en onderwyser,” het die skoolhoof, Jacques Bradfort, gesê.

“Hoewel hy slegs van 10 April in ’n tydelike hoedanigheid by ons aangesluit het, het hy reeds diep spore in leerders en kollegas se harte getrap.

“Ons dra sy vrou, kinders en die familie in ons gebede en sal mnr. Brink onthou vir sy deeglikheid en deernisvolle omgaan met leerders en kollegas,” het Bradfort bygevoeg.

“Ons sal hom mis – sy stoel is leeg.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.