Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ondernemings, skool en kliniek ly onder protes
de doorns protes plaaswerkers


’n Klein groepie plaaswerkers van De Doorns was steeds Vrydag 8 November besig met protesaksie. Maar dis nie hulle wat die vragmotors Donderdag gestroop het nie,sê hulle. 

Deur middel van dié protesaksie wou die groep hul misnoeë uitspreek oor buitelanders wat glo bo die plaaslike gemeenskap aangestel word om op die plase te werk.
“Daar was vroeg Donderdagoggend protes in die area. Daar word beweer die stakers is ongelukkig dat sogenaamde ‘inkommers’ gekies word om op plase te werk, terwyl die mense van die De Doorns-gemeenskap sukkel om werk te kry,” sê konst. Marelize Box, woordvoerder van die De Doorns-polisie.
“Die stakers het gister op die N1 klippe gegooi, wat veroorsaak het dat twee vragmotors tot stilstand gekom en geplunder is. Geen beserings is aangemeld nie.”
Maar, sê die plaaswerkers met wie Standard gepraat het, hulle is nie die mense wat die vragmotors geplunder het nie.
“Ons was glad nie by die plundery betrokke nie. Die plundery is gedoen deur kriminele elemente uit die gemeenskap wat opportunisties opgetree het,” vertel een van die plaaswerker-stakers.
Die polisie het tot dusver reeds talle items gevind wat geplunder was en is steeds besig om die res van die items op te spoor.
“Ons het nege mense in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal uit ’n voertuig en een vir openbare geweld. Die verdagtes sal almal binnekort in die hof verskyn,” sê Box.
Daar moet streng opgetree word teen mense wat hulself skuldig maak aan wangedrag.
“Die gedrag wat ons deur stakers sien in De Doorns kan nie geduld word nie. Daar moet streng opgetree word teen mense wat hulself skuldig maak aan wangedrag. Ons verkeersbeamptes is tans besig om die verkeer te herlei om seker te maak dat motoriste veilig by hulle verskeie bestemmings uitkom,” sê die Wes-Kaapse minister van verkeer en openbare werke, Bonginkosi Madikizela.
de doorns protes plaaswerkers
Die polisie en verkeersdepartement sper die paaie af in De Doorns se middedorp.
Talle besighede in die dorp is gesluit uit vrees vir moontlike verliese, insluitend die De Doorns-kliniek.
“Die kliniek is toe vir die publiek om die gemeenskap en ons personeel te beskerm. Daar word ’n beroep om die gemeenskap gedoen om gebruik te maak van die Orchard- en Sandhills-kliniek,” sê Sandra Maritz, woordvoerder vir die Kaapse Wynland-gesondheidsdepartement.
“Die geplundery van trokke op ons paaie, veral die met kleinhandelvoorraad, het geen plek in ons samelewing nie. Dit is nie goed vir ons ekonomie, dit lei tot werksverlies en tot ’n gevoel van onveiligheid,” sê minister Albert Fritz van die department van gemeenskapsveiligheid.
Dit is bevestig dat een van die hoërskole in die dorp, Hexvallei Sekondêre Skool, hul eksamen vir graad 9, 10 en 11 moes afstel tot Maandag weens die protesaksie.
Die N1 is steeds gesluit by die Grape Valley Engen en verkeer word herlei deur De Doorns se middedorp. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.