Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slangvanger hou skool vasgenael

André du Preez, Worcester se bekende slangvanger van Silverfox Snake Rescues, het onlangs by Worcester-Noord Primêre Skool ’n inligtingsessie oor slange vir sowat 300 graad R- tot graad 3-leerders aangebied.

Du Preez het die leerders, wat baie opgewonde was, ingelig oor verskil­lende soorte slange, soos die Kaapse kobra, pofadder en boomslange, maar ook oor verskillende soorte spinnekoppe.

Hy het die leerders ook ingelig oor die gevare van slange en wat om te doen of nie te doen nie, as jy ’n slang sien.

Du Preez sê dit is belangrik dat jy stil staan as jy ’n slang sien.

“As ’n pofadder jou pik, gaan sy gif in jou vleis en weefsel en dan vrot dit. As ’n boomslang jou pik, kan dit tot vyf dae neem voordat jy simptome toon en as ’n Kaapse kobra jou pik, kan jy ’n hartaanval kry,” het hy vertel.

Hoewel die oomblik vir sommige van die kleinspan baie groot was (die onderwysers het getroos), was daar talle leerders wat baie opgewonde en gretig was om te leer en deel te neem aan die sessie.

Du Preez het ook vir die leerders die anatomie van die slang gewys en verduidelik hoe die gif van die gifsakkie deur die tande kom. Hy het ook leerders gewaarsku om nie met slange en spinnekoppe te speel nie, deur vir hulle prentjies te wys van hoe diere en mense lyk as hulle deur ’n slang of spinnekop gepik is. Dit het groot reaksie uitgelok.

Volgens Du Preez is dit baie belangrik dat, indien jy ’n slang in jou kamer of in die huis sien, jy stilstaan, stadig wegbeweeg en ’n slangvanger skakel.

Die belangrikste les is egter om, indien jy deur ’n slang gepik word of deur ’n spinne­kop gebyt word, onmiddellik dokter of hospitaal toe moet gaan.

Du Preez het ook op 24 Maart ’n inligtingsessie by Overhex Primêr aangebied.

Mense kan hom enige tyd kontak by 082 305 9209.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.