Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slangvanger maak gereed vir nuwe ssslangssseisssoen

Met die somer nou so te sê in volle gang, vang Worcester se bekende slangvanger, André du Preez, reeds gemiddeld twee slange per dag.

Du Preez het van die begin van Oktober af reeds vier Kaapse kobras, vier pofadders, ’n boomslang, ’n harlekynslang en ses bruin huisslange gevang.

“Benewens al dié slange het ek in Oktober baie eiervreters en Karoo-wipslange gevang,” sê du Preez.

Die Kaapse kobra van 1,7 meter wat André du Preez verlede week in Brandwacht gered het.

Met die aanvang van die slangseisoen gee Du Preez ’n paar wenke om lesers te help dat mense nie slange in onkunde lok nie.

“Hou jou eiendom rot- en muisvry. Moenie enige rommel of vullis op jou eiendom laat rondlê nie. Moenie groot voerbakke gebruik waarin jy ’n maand se kos gooi nie. Dit lok muise en rotte en hulle lok op hul beurt weer slange,” waarsku Du Preez.

Wanneer jy ’n slang in jou erf teëkom, moet jy jou troeteldiere veilig hou en die slang van ’n veilige afstand (minstens drie meter) af dophou en ’n slangvanger bel eerder as om te probeer om die slang dood te maak.

“Moet ook nie die slang probeer vang nie. Jy kan gepik word. As jy ’n slang in jou huis sien, maak die deur dadelik toe en druk ’n handdoek onder die deur in. Kyk waar jy vat en trap as jy in die veld is of gaan kamp en loop of iets optel. Dra behoorlike skoene. En as iemand gepik word, hou hom/haar rustig en spoel die bytplek met water af. Neem die slagoffer dan so gou as moontlik hospitaal toe. “Ek sal ook kan kom help indien enigiemand gepik word. Ek sal reëlings met kenners oor die behandeling tref,” sê hy.

Hy sê dit is belangrik om jou honde te verwyder en in ’n kamer te gaan toemaak as ’n slang in die tuin gewaar word.

“Ek het ’n paar weke gelede nuus ontvang dat ’n hond dood is nadat ’n slang hom net buite Worcester gepik het. Die troeteldier het die slang doodgebyt, maar hy is gepik,” sê Du Preez.

Du Preez is 24 uur per dag beskikbaar by 082 305 9209.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.