Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sneeu net waar jy kyk

Breedevalleiers en Witzenbergers het die afgelope Sondag en Maandag sneeu gesien soos lanklaas in die gebied.

Hewige reën het tot oorstromings gelei en in Rawsonville is etlike mense dood nadat ’n trekker op ’n laagwaterbrug weggespoel het (berig op bl. 1).

Die Hugenote-tonnel tussen Worcester en Paarl is 16:45 Sondagmiddag eers weer vir verkeer oopgestel ná ’n kragonderbreking Sondagoggend en die verkeer is aanvanklik na die Ou Dutoitskloofpas herlei.

Die Bainskloofpas was gesluit ná modderstortings en ’n boom wat oor die pad geval het, het Kenny Africa, die provinsiale verkeershoof, bevestig.

Didi de Kock, die eienaar van die Matroosberg-natuurreservaat, het Sondagmiddag vieruur gesê dit “stormreën en sneeu” op die pieke van dié berg buite Ceres.

Sneeu het Sondagnag tot Maandagoggend oor bergagtige en hoogliggende dele van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap, die Weskus en die Kaapse Wynlande-distrik geval.

Die publiek en kleinveeboere is gewaarsku oor sneeu, uiterste koue, nat weer en stormsterk westewinde.

Minimumtemperature onder 10 °C het oor die meeste van die land voorgekom en op sommige plekke het die kwik tot onder vriespunt gedaal, soos Sutherland (-2 °C), Upington (-1 °C), De Aar (-2 °C) en Kokstad (-5 °C).

In die Suidwes-Kaap kan die suidwestewind tot 30 km/h bereik, met tot 40 km/h in die Suid-Kaap.

Vandag (Donderdag) en die komende naweek word sonnige weer vir die gebied voorspel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.