Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sonpanele hou hom lewend

Johan Matthews (49), ’n inwoner van Touwsrivier, se lewe is afhanklik van sonpanele, en boonop sonpanele wat nie elke dag 100% werk nie.

Hy is 24 uur per dag aan ’n ventilator gekoppel omdat hy aan ’n respiratoriese siekte ly. Standard het met Matthews kontak gemaak om te hoor hoe hy in dié onseker tyd funksioneer.

Die ventilator waaraan Matthews 24 uur per dag gekoppel moet wees, het permanente krag nodig.

Sy woning in Giantpark maak gebruik van sonkrag, maar dit het begin probleme gee.

“Dit is maar ’n baie moeilike situasie waar ek is. Ek is elke dag op my knieë en vra die Here om my te beskerm teen die virus wat ook nog hier buite is,” vertel ’n emosionele Matthews.

Matthews en sy gesin het voorheen in Giantpark in Touwsrivier gewoon, maar was genoodsaak om by familie in Zionpark in te trek omdat hulle ’n kragprobleem by hul eie woning ondervind het.

Tydens die telefoniese onderhoud met Matthews kon ’n mens hoor hy snak voortdurend na asem.

“Ek is baie dankbaar dat ons hier by familie kan woon, maar dit is egter net ’n tydelike woning omdat ons reeds tien mense in die huis is. Dit is nie ’n groot woning nie,” sê Matthews.

“Ons kon sonder ’n inkomste nie die panele herstel nie, om nie eens te praat van kos vir die gesin nie. Dit is die stryd wat ons tans deurmaak.”

Matthews het 17 jaar by die Aquila- private natuurreservaat gewerk voordat hy siek geword het.

“Ek het nie met veel weggestap nie en is nou afhanklik van staatshulp waarvoor ek oor aansoek moet doen,” vertel Matthews.

Hy sê hy het twee jong meisiekinders en sal hulle graag in ’n veiliger omgewing wil kry.

“Die veiligheid van my gesin was nog altyd vir my ’n groot prioriteit en dit is die begeerte van my hart dat ons terugkeer na ons huis,” sluit Matthews af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.