Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Standard se ‘dinamiet’ slaggereed

Brümilda Swartbooi (22), ’n boorling van George, het hierdie week by die Standard se redaksiespan as algemene verslaggewer aangesluit.

Brümilda sê sy poog om doelgerig dié nuwe uitdaging in haar lewe aan te pak.

“Ek skram nie weg van ’n uitdaging of geleentheid nie,” sê sy.

Sy het aan die Hoërskool Outeniqua, bekend as die Kwaggas, in George gematrikuleer. Daarna het sy haar BA-graad in kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf.

Brümilda beskryf haarself as dapper, skeppend en semi-snaaks. Sy is nie nuut in die bedryf nie, haar naamreël het voorheen by haar berigte in die gemeenskapskoerant George Herald in haar tuisdorp verskyn.

Brümilda sal skolenuus, onderwyssake, organisasies sonder winsbejag, kerke, godsdienssake en gemeenskapsnuus behartig.

Sy sê sy is slaggereed vir die nuwe uitdaging,

“Met my onderhoud met Marlene Jordaan, Standard se redakteur, en Stefan Kolver, uitgewer, het ek reeds beklemtoon dat ’n gemeenskapsjoernalis die belange van die mense in die gemeenskap op die hart moet dra. Mense hou immers daarvan om hulself in die koerant te sien,” voeg sy by.

“Ek sien uit om stories oor die Valleiers te skryf en ’n reputasie op te bou as ’n merkwaardige gemeenskapsjoernalis. Ek is fyn, maar soos die bekende gesegde lui, ‘dinamiet kom in klein pakkies’,” sê Brümilda.

Om met Brümilda te skakel vir nuus, e-pos haar gerus by brumilda.swartbooi@media24.­com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.