Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stap saam teen geweld teen vroue

Twee pastore van die dorp het besluit om weens die brutale en onnodige geweld, verkragting en moord op vroue in Suid-Afrika ’n optog in Worcester te hou.

Hulle wil standpunt inneem en die gemeenskap se algehele ondersteuning teen hierdie soort geweld wys.

Hoewel SA in Augustus Vrouemaand gevier het en die rol wat vroue in die land speel uitgelig is, het gebeure die afgelope paar weke weer daagliks herinner watter teiken nog op vroue is en die geweld wat teenoor hulle gepleeg word.

Talle gevalle is wyd in die media vermeld rakende verkragting en moord op vroue, en daarom ’n optog van dié aard.

Ons regering moet standpunt inneem en hierdie gevalle aan die groot klok hang. Almal moet bymekaar kom en teen hierdie saak optree

“Ons beplan om Woensdag 11 September van 10:00 tot 12:00 ’n optog, wat nie gekoppel is aan enige geloof of spesifieke oortuiging nie, van Queensplein tot Kerkplein te hou. Daar is ’n behoefte vir só ’n optog, spesifiek vir vroue en kinders wat elke dag aan geweld blootgestel word. Ons wil standpunt inneem en wys hoeveel mans teen hierdie geweld standpunt inneem,” sê pastore Dennis Scheepers en Alliston de Lange.

Mans, vroue, kinders, sakeondernemings, organisasies en sportklubs word genooi om swart aan te trek en selfs ’n plakkaat saam te neem en vir bewusmaking deur die dorp te stap.

“Ons voorspel dat mense in groot getalle sal opdaag en hul stem teen hierdie aaklighede wat aangaan sal gebruik. Ons regering moet standpunt inneem en hierdie gevalle aan die groot klok hang. Almal moet bymekaar kom en teen hierdie saak optree,” voeg hulle by.. Enigiemand wat aan hierdie nie-gewelddadige optog wil deelneem, kan voor 10:00 by Queensplein vergader en uitsien na talle praatjies en petisies op die dag. Die organiseerders vra ook dat mense wat nie die optog kan bywoon nie, dié betrokke dag steeds swart sal dra. Bel Dennis by 081 781 2791 of Alliston by 082 753 5103 vir nog inligting oor die optog.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.