Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stem vir Raynetia as nuwe Miss Grace
Raynetia Krieger


’n Oud-Worcesteriet is ’n semifinalis in die Miss Grace SA-skoonheidskompetisie en sy durf die kompetisie aan met een doel voor oë – om mense nog meer bewus te maak oor die impak wat seksuele mishandeling op vroue het.

Raynetia Krieger (28), wat self ’n slagoffer van seksuele mishandeling was, noem dat sy so skaam was daaroor dat dit haar 15 jaar geneem het om haar ouers te vertel.

“Die doel van die Miss Grace-kompetisie is om lig te werp op seksuele mishandeling teen vroue en kinders. Dit is hoekom ek ingeskryf het – omdat ek self ’n slagoffer was,” sê Krieger.

Sy is tans ’n onderwyser in Gansbaai maar meen dat sy die kompetisie vir Worcester wil wen.

Die top-30-finaliste word Sondag 16 Desember aangewys, waarna die topvyffinaliste aangewys gaan word.

“My wenke aan jong vroue wat iets soos seksuele mishandeling deurgemaak het of dit tans deurmaak, is om nie skaam te wees nie. Moenie stilbly hieroor nie want dit kan veroorsaak dat ’n mens in depressie verval. Staan op en praat met iemand hieroor,” voeg sy by.

“Ek sien vreeslik uit na die kompetisie maar ek gaan die steun van Worcester se mense kort, want elke SMS tel vir my as ’n stem. Julle kan RaynetiaK na 35109 stuur. Die stemlyne is oop tot 16 Desember en julle kan stem soveel keer julle wil,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.