Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Steyn-egpaar se moordenaar gaan lank sit


Die man wat die Langeberg geterroriseer het met ’n reeks misdade, insluitend die moord op ’n geliefde egpaar van Bonnievale, is vandeesweek swaar in die hooggeregshof gevonnis.

Jeffrey Thomspon is in Desember 2018 in verband met die dubbelmoord op Piet (64) en Elmien Steyn (71) in hegtenis geneem.

Die voorval het 13 Desember 2018 op die egpaar se plaas in Bonnievale plaasgevind. Thompson het reeds vanaf 12 Desember die paartjie se bewegings uit hul kunsateljee dopgehou. In die vroeë oggendure op die moorddag het hy hul huis betree terwyl hulle nog geslaap het.

piet en elmien steyn
Piet en Elmien Steyn se moordenaar is vandeesweek gevonnis.

Beide is met ’n byl aangeval en het aan hul wonde beswyk.

Thompson is drie dae voor die voorval uit die tronk vrygelaat. Hy was glo in September 2017 in hegtenis geneem vir ander geweldsmisdade, wat met die aanranding van sy vriendin begin het. Hy het haar glo met ’n bier bottel in haar gesig geslaan wat haar met ’n ernstige besering gelaat het.

Na die aanval op die Steyn-egpaar is hy op 16 Desember 2018 weer in hegtenis geneem. Hy is tot twee lewenslange vonnisse, en nog 58 jaar en ses maande direkte straf gevonnis. Die vonnis kom nadat hy aan 15 klagtes skuldig bevind is.

Die klagtes sluit in aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade te berokken, huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede, poging tot roof met verswarende omstandighede en die twee aanklagte van moord.

Beide die nasionale vervolgingsgesag en AfriForum het dié vonnisoplegging verwelkom.

Eric Ntabazalila van vervolgingsgesag het gesê: “Dit gee ’n aanduiding van die staat se voorneme om die boerderygemeenskappe te beskerm en te verseker dat toepaslike vonnisse opgelê word.”

Terselfdertyd is AfriForum van mening die feit dat Thompson uit op borg was, moet ondersoek word.

“Daar behoort ondersoek ingestel te word oor hoe en waarom Thompson op borgtog vrygelaat is. Hierdie tragiese moorde is eintlik die vernietiging van ’n hele gemeenskap se welstand, toekomsdrome en selfs hoop,” het AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron in ’n verklaring gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.