Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stingy Nomads durf bergreekse aan

Rawsonville se bekende reisende egpaar, die Stingy Nomads, toer tans deur Nepal.

Campbell Louw en sy Russiese vrou, Alya Akhmetgareeva, toer al die afgelope paar jaar die wêreld plat.

Die paartjie wil graag die wêreld se berge en oseane verken met die doel om by van die beste riwwe te duik, die hoogste berge te klim en lekker staproetes met hul volgelinge op sosiale media te deel.

“Ons het reeds vantevore na die Everest-basiskamp gestap. Nou verken ons verskeie roetes om die Anna­purna-bergreeks, een van die wêreld se hoogstes. Ons stap al byna ’n maand en het reeds die roetes by Panchase, Poon Hill en Marde Himal voltooi,” sê Louw.

Al die roetes is uitdagend en tipies vir Nepal is geen van die roetes ooit gelyk nie, meeste van hul het reuseberge en dale om uit te sweet.

“Ons is nou al twee weke lank besig met die Annapurna-sirkelroete, ’n staproete van drie weke in die Annapurna nasionale park.

“Dit is ’n ongelooflike ervaring en ons verken klein afgeleë Nepalese gemeenskappe en klimaatsones wat strek van woude tot hoë sneeubedekte pieke.

“Die hoogtepunt was om die Thorong La-pas, waarvan dele kniediep in die sneeu, uit te klim.

“Op ’n hoogte van 5 416 m bo seespieël was dit harde werk, maar ongelooflik om oor die pas te stap.”

Louw vertel in Nepal kruis ’n mens elke 10 tot 20 km ’n klein gemeenskap of dorp.

“In die dorpe is goedkoop hotelle wat ‘tea-houses’ genoem word. Verblyf is baie goedkoop hiér, want ’n mens betaal tussen 100 en 300 NPR – sowat R15 tot R45 – per aand vir ’n dubbelkamer op voorwaarde dat jy twee maaltye by die ‘tea-house’ eet.”

Water is ook nie ’n probleem nie en die twee koop gewoonlik water by die “tea-houses” en daar is krane op die staproetes.

“Die plaaslike gemeenskap kook water om te drink. Ons stap met ’n ‘lifestraw-filterbottel’ en hervul dit by die krane, stroompies of riviere,” sê Louw.

Die paartjie beplan om die week nog die roete na die Annapurna-basiskamp te stap voor hulle volgende week na Spanje vertrek.

“Ons is besig met ’n poging om al sewe die bekende Camino de Santiago-roetes na Santiago de Compostella in Spanje te stap.

“In 2018 het ons reeds vier roetes voltooi en ons is van plan om nou die langste roete, die Via de La Plata, 1 000 km van Seville na Santiago, te voltooi,” sê Louw.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.