Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swaar vonnis vir moord, verkragting

’n Man wat ’n vrou verkrag en aan die brand gesteek het, is swaar gestraf. ’n Minderjarige wat as medepligtige opgetree het, het ’n opgeskorte vonnis gekry.

Die 26-jarige man, Luciano Swartz, is in die hooggeregshof tot vyf jaar gevangenisstraf vir ontvoering, 10 jaar vir verkragting en 20 jaar vir moord gevonnis vir die verkragting en moord van Catherine Willemse (29).

Die minderjarige het ’n opgeskorte vonnis vir die misdade gekry. Hy moet 36 maande onder korrektiewe toesig uitdien.

Die voorval het in Augustus 2017 op die La Rochelle-plaas in Prince Alfred Hamlet plaasgevind.

Die twee mans het Willemse uit haar bed getrek en haar gedwing om saam met hulle na ’n wingerd te gaan.

Swartz het Willemse toe verkrag. Daarna het die twee mans brandstof oor Willemse gegooi en haar aan die brand gesteek.

Die twee het van die toneel gevlug en Willemse het kruipend om hulp gaan soek.

Sy het later in die Tygerberg-hospitaal aan haar wonde beswyk.

Volgens die woordvoerder van die Worcester-polisie, kapt. Lindikhaya Mkhontwana, was albei mans aan die slagoffer bekend. Willemse se negejarige dogter is nou in pleegsorg.

Mkhontwana sê instansies soos die Worcester Thuthuzela Care Centre en maatskaplike werkers van die departement van maatskaplike ontwikkeling het ’n enorme rol gespeel in die herstelproses van die familie van die slagoffer.

Die Worcester-stasiebevelvoerder, genl.maj. Nomthetheleli Mene, het lede van die polisie en gereg bedank vir die rol wat hulle speel in die vonnis en inhegtenisnane van verdagtes wat veral misdade teen vroue en weerlose kinders pleeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.