Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Swak diens’ by Worcester se hospitaal laat ma ontevrede

’n Vrou van Worcester moes bloedspatsels op vuil lakens met haar baba se kombers toegooi toe sy die baba na die Worcester-hospitaal gebring het vir noodbehandeling.

Die vrou, wat verkies om anoniem te bly, is baie ontevrede oor die diens wat sy ontvang het.

“Ons het ons baba Donderdag 14 Junie na die Worcester-hospitaal se ongevalleafdeling geneem. Met ons aankoms is ons baba op ’n bed geplaas wat vol bloedspatsels was. Ek het haar kombersie oor die bloed gegooi en sy is vir koors en griep behandel,” sê sy.

Die gesin het toe langer as ’n uur en ’n half gewag om hul baba vir X-strale te neem. Die dokters aan diens het gesê dat hulle eers pasiënte wat in ’n ongeluk was vir X-strale moes neem.

“Die suster aan diens en van die ander personeel was bombasties en ongeskik teenoor my. ’n Suster het genoem dat die huilende babas haar irriteer.”

Volgens die vrou was die bed met haar aankoms by die X-straalafdeling vol bloedspatsels. Sy het geweier om haar kind daarop neer te lê.

“Die ongevalle was nie so besig nie. Sewe dokters het om die toonbank gesit en grappe maak. Van hulle was selfs op hul selfoon doenig.”

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het sy spyt uitgespreek om te verneem van die vrou en haar baba se ondervinding by Worcester-hospitaal.

Sandra Maritz, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê die departement vra die vrou en haar gesin om verskoning oor wat gebeur het.

“Dit is onaanvaarbaar dat enige pasiënt behandel word op ’n bed waarvan die beddegoed nie skoon is nie. Ons het streng riglyne om seker te maak ons protokol vir higiëne word gevolg. Ons sal dit weer aan personeel benadruk om te alle tye hierdie riglyne te volg,” sê Maritz.

Die departement vra ook verskoning vir enige onvanpaste en onprofessionele gedrag van die personeel.

“Ons personeel streef daarna om ten spyte van die druk wat ons in die noodeenheid ervaar, te alle tye vriendelik en professioneel te wees. Ons sal hierdie voorval met die personeel opneem en hulle aan ons gedragskode herinner. Personeel kommunikeer met mekaar oor gevalle wanneer spesialisdokters die noodeenheid besoek en wanneer personeel skofte ruil. Dit is ’n belangrike stap om die beste behandeling vir pasiënte te verseker. Ons dokters kry dikwels deur middel van ‘apps’ op hul selfone uitslae van toetse en bevestiging van diagnose, dus gebruik dokters dikwels hul selfone vir die behandeling van pasiënte. Personeel word gereeld daaraan herinner dat hulle slegs hul selfone vir werkdoeleindes kan gebruik terwyl hulle aan diens is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.