Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle winkels geplunder

Minstens vyf Spaza-winkels is verlede Donderdag deur inwoners in Montagu geplunder.

Dít kom glo nadat ’n geveg tussen winkeleienaars in dié gebied uitgebreek het ná ’n skietvoorval die vorige aand wat die lewe van ’n Somaliër geëis het.

Die Montagu-polisie het die voorval bevestig en gesê twee verdagtes is kort ná die skietvoorval in hegtenis geneem. “ ’n Skietvoorval het Woensdag 27 Februarie omstreeks 22:50 op die hoek van Salie- en Kareelaan in Ashbury plaasgevind waarin een mens beseer is. Drie skote is afgevuur. Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem,” het die polisiewoordvoerder sers. Suria Meyer gesê.

Somaliërs het volgens ooggetuies glo Donderdagoggend uit woede die winkels van Ethiopiërs bestorm en begin plunder.

“Hulle het die winkels se veiligheidshekke afgebreek en inwoners genooi om goed te kom vat,” sê die ooggetuie.

Volgens ’n Somaliër, wat anoniem wil bly uit vrees vir sy lewe, word die moord op die oorledene glo aan ’n Ethiopiese winkeleienaar verbind. “Dit is die vyfde moord op een van ons mense in 2019 en dit is alles die Ethiopiese winkeleienaar se skuld. Hy het meer geld as ons en hy stuur mense en betaal hulle om ons dood te maak. Ons is moeg hiervoor, ons probeer net ’n lewe maak.”

Volgens die Somaliër woon baie van hulle al meer as 10 jaar in Montagu en daar het nog nooit het só iets met hulle gebeur nie. “Ons weet nie waaroor dit gaan nie en watter probleem hy met van ons het nie, maar onskuldige mense kry seer. Die mense beskerm hulle. Ons wil net in vrede lewe.”

Ons weet nie waaroor dit gaan nie en watter probleem hy met van ons het nie, maar onskuldige mense kry seer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.