Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tannie Margaret blaas 113 verjaarsdagkersies dood

Elke verjaarsdag is ’n voorreg. Om 80 te bereik is ’n mylpaal, maar om 113 seisoene deur te maak en aan te dring om nog self te loop, is niks meer as ’n wonderwerk en seëning nie. Tannie Margaret Maritz van Touwsrivier het Vrydag 27 September hierdie spesiale mylpaal bereik en saam met haar gemeenskap gevier.

Margaret Maritz, wat 27 September 1906 op ’n plaas in Calvinia gebore is, het haar vormingsjare in die Aspoort-streek deurgebring. Sy het daarna na Sutherland verhuis, maar later Laingsburg toe getrek. Hier het sy gewoon en as naaldwerkster gewerk, en was selfs ’n voorhand op die plaas. Kort nadat sy haarself in Lainsburg tuisgemaak het, het sy haar man ontmoet en vir hulle ’n tuiste in Touwsrivier geskep.

“Haar man is al paar jaar gelede oorlede. Hulle het 14 kinders gehad, van wie vier nog lewe,” vertel Matrone Cielie Gouws van die AGS Tehuis in Touwsrivier waar Tannie Margaret woon.

“Tant Trey Maritz is Ouma Margaret se oudste dogter en is diep in die tagtig. Ouma het 17 kleinkinders, nege agterkleinkinders en 12 agter-agterkleinkinders. Sy was nooit ’n sieklike mens nie, maar het eers in 2018 begin medikasie neem vir onder andere geheueverlies.”

Vanjaar het die AGS-kerk, tesame met die tehuis en haar nabye vriende en familie, spesiaal vir haar ’n verjaarsdagpartytjie in die kerksaal in die dorp gereël. ’n Blaasorkes met ballonne het haar in ’n spesiale kar deur die strate van Touwsrivier gelei met busse en karre wat ook in die stoet gevolg het. ’n Spesiale verjaardagkoek is gebak en die saal met ballonne, lekkers en verskeie eetgoed wat haar gunsteling is, opgemaak. Sy het die kerk binnegekom met ’n erewag en het ’n breë glimlag gehad terwyl sy aan die arm van Matrone Gouws self ingestap het.

“Ouma se liggaam ken nie alkohol of sigarette nie. Sy lewe volgens haar skepper se woord en bring soveel vreugde vir dié wat elke dag met haar werk. Om so ’n ouderdom te bereik, is net genade van bo. Ons bedank almal wat hierdie oggend moontlik gemaak het. Van die kerk tot raadslede tot die tehuis se mense het ingespring om haar dag spesiaal te maak – en sy waardeer dit vreeslik,” het Matrone Gouws bygevoeg.

Hoewel Tannie Margaret nie meer baie praat nie, het sy wel op haar eie manier laat weet dat sy gelukkig is en bly was vir die moeite wat almal gedoen het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.