Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tehuis se oudste inwoner vier 112de verjaarsdag
Ouma Margaret Maritz is 112 jaar oud

Die oudste inwoner van die tehuis vir bejaardes van die AGS in Touwsrivier het Vrydag 28 September haar 112 de verjaardag saam met vriende, familie en inwoners gevier.

Die partytjie vir Ouma Margaret Maritz is deur Aquila Pivate Game Reserve gereël.

Petro Lottering, werknemer by die tehuis, beskryf ouma Margaret as ’n goeie mens. “Sy is baie saggeaard. Sy sal altyd alles met die ander inwoners deel. Ouma Margaret sal nooit iets lelik vir iemand anders sê nie, sy is ook baie verdraag­saam.”

Ouma Margaret is op 27 September 1906 in Sutherland gebore. Sy het 14 kinders ge­had, van wie net vyf nog leef. Ouma Margaret is onseker oor hoeveel kleinkin­ders sy het. Vroeër was Ouma Margaret getroud, maar haar eggenoot het reeds gesterf.

Ouma Margaret het geleef in die mees geskiedkundige verandering in die wêreld en Suid-Afrika. Haar geheim vir ’n lang en gesonde lewe is om ’n gesonde leefstyl te handhaaf. Sy het nog nooit gedrink of gerook nie. Volgens Petro is Ouma Margaret se gesondheid goed.

“Haar gesondheid is goed, maar soms is haar geheue bietjie deurmekaar. Haar sig is ook onlangs aangetas en sy sukkel om te loop,” voeg sy by.

Volgens Petro het almal by die tehuis ’n goeie verhouding met ouma Margaret wat al drie jaar daar woon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.