Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Trokdrywer onder verdowing gehou weens erge wonde

In die 30 jaar wat Bernard Groenewald (49) as ’n langafstand-vragmotor­bestuurder werk, het ’n tragedie soos dié van die afgelope naweek nog nooit met hom gebeur nie.

Só sê sy vrou, Ciska, wat nou langs sy hospitaalbed in die MediClinic Worcester waak.

Bernard is met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem nadat hy in sy vragmotor se kajuit deur ’n petrolbom getref is. Hy het uitgespring en sy enkel beseer, en die groep aanvallers het hom gejaag en verder met petrolbomme bestook.

Die voorval het Sondagoggend 2 Junie omstreeks 01:35 op die N1 buite Touwsrivier plaasgevind.

Bernard en Ciska is Paarliete en bedryf Huddlestone Logistics saam.

Ciska sê niks is gesteel nie.

Bernard en Ciska se swaer, Jan Jansen (59), was met twee vragmotors en hul vragte van Saldanha na Johannesburg onderweg en het saam gery en het besluit om langs die pad te rus.

Die polisie sê een van die mans het wakker geword van ’n geluid by sy vragmotor se venster.

Hy het gesien die ander vragmotor, wat voor syne geparkeer gestaan het, was aan die brand.

“Dit is toe dat ’n aanvaller die venster aan die passasierskant gebreek en ’n vloeistof deur die venster gegooi het. Die kajuit het begin brand,” sê ’n woordvoerder van die polisie, sers. Suria Meyer.

Ciska sê Jan het gery om hulp te gaan soek alhoewel sy vragmotor ook deels aan die brand was.

Bernard het sewe mans gesien.

Toe nooddienswerkers op die toneel aankom, het Bernard etlike meters van sy vragmotor af gesit.

Standard het Dinsdag opgevolg oor Bernard se toestand. “Hy is steeds onder verdowing en gekoppel aan ventilasiepype. Daar is geen verandering nie,” sê Ciska.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging. Teen druktyd is niemand nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.