Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Trokdrywers helder mense se dag op

Die lewe van vandag is soms so vol negatiwiteit en slegte nuus, dat ’n groep mans van die Vallei besluit het om inwoners en groepslede van die Boland Dorpe Facebook-blad se dag op te helder met hulle weergawe van die tradisionele SAUK-weervoorspelling.

Romark
Romark Thomas het die video gedeel en meer as 44 000 se dag opgehelder wat al die video gesien het.

Romark Thomas, ’n vragmotorbestuurder vir ’n vervoer-eenheid hier in Worcester het saam met sy kollega en vriend, Jason Jansen op Donderdag, 4 Julie ’n video op Facebook geplaas waarin hulle die afgelope tyd se weer en wind vasvang op ‘n humoristiese wyse, net soos dit sou geskied op TV. Die verskil? Hulle is op diens besig om hulle dag-tot-dag pligte uit te voer in die kajuit van ‘n trok.

Die inskrywing lees: “Naand admin, ek wil net hierdie video share en iemand wat vanaand bedruk voel bietjie laat lag. Ek en my crew geniet ons werk alte lekker,” en is Maandag al deur meer as 44 000 mense gesien wat besluit het om ‘n indruk op die videogreep te laat en bykans 200 mense het kommentaar gelewer wat wissel van: “Julle het so pas my dag gemaak” en “Hierdie is wat ek nou nodig gehad het.”

Romark is al drie jaar ‘n vragmotorbestuurder en vertel dat hy daarvan hou om mense te laat glimlag.

“Die probleem is dat soveel mense in vandag se lewe gebuk gaan onder krisisse, hetsy finansieel, emosioneel of persoonlik. Baie mense voel ook hulle geniet hulle werk, maar dat daar dalk een persoon is of een element wat hulle omstandighede heeltemal omvergooi. Deur die video wat ek gemaak het wil ek vir mense wys dat jy jou eie werkplek lekker en beter kan maak en ander kan laat lag deur die proses. Ek is lief vir mense en die manne wat saam my werk waardeer dit – al voel ek die dag bietjie af wil ek graag ander steeds laat lag en hulle dag beter maak,” vertel hy.

In hierdie videogreep van minder as een minuut word glimlagte, humor en die omstrede Bolandse wind van die afgelope paar weke vasgevang.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.