Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tupper-geld weg

’n Vrou van Worcester is beroof toe sy naby die Kibbutz El-Shammah gestop het om twee vroue met ’n baba te help.

Noleen Hendricks (53), wat as ’n Tupperware-agent werk, sê sy was op 28 April op pad na Overhex om geld vir haar Tupperware-verkope te gaan haal.

“Ek het twee jong vroue met ’n baba op die Robertsonpad sien staan en het by hulle gestop om te vra waarheen hulle op pad was. Twee mans het skielik onder die brug uitgekom. Hulle het die meisies uit die pad gestamp en my motor se radio gesteel. Hulle het toe my kar se ruit afgedruk om my handsak, wat op die vloer was, ook te vat. In die sak was R5 000 wat ek nog later vir Tupperware moes inbetaal,” sê sy.

Hendricks sê al haar persoonlike besittings was in haar handsak.

“Ek moes die afgelope week in lang rye staan om my identiteitsdokument en my rybewys te vervang. Ek moes ook bank toe gaan om my kaarte te laat stop. Gelukkig was my selfoon en my huis se sleutels nie in my handsak nie,” vertel Hendricks.

Sy voeg by alles het so vinnig gebeur dat sy nie kon reageer nie.

“Ek het gevries toe hulle by my aankom. Ek kon niks doen om die rooftog te keer nie. Die jong vroue was ook histeries. As ek kon, sou ek so vinnig as moontlik weggery het.”

Hendricks sê sy weet nie of die twee vroue by die rooftog betrokke was nie.

“Die gebeure laat my wonder of hulle betrokke was. Die vroue by wie ek gestop het, het geen sakke by hulle gehad nie, wat vir my snaaks was. Die enigste rede hoekom ek by hulle gestop het, was omdat hulle ’n baba by hulle gehad het,” sê sy.

Hendricks sê sy is kwaad vir haarself dat sy in die eerste plek stilgehou het.

“Ek voel gewoonlik so skuldig as ek mense langs die pad sien staan op soek na ’n saamrygeleentheid. Dié voorval het my egter laat besef om nooit weer langs die pad te stop nie. Ek is te bang om ooit weer vir enigiemand te stop. Ek het gedink dit sal nooit met my gebeur nie, en dit het.”

Die polisie het die klagte bevestig.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.