Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twaalf mense dood toe minibus met 22 omslaan

Twaalf mense is die afgelope Saterdag dood toe die bestuurder van ’n minibustaxi beheer oor die voertuig op die N1 naby Touwsrivier verloor het.

Volgens Kenny Africa, die provinsiale verkeershoof, het die ongeluk omstreeks 03:15 plaasgevind toe die taxi onderweg was Kaapstad toe.

Die 12 mense wat dood is, was ses mans, drie vroue, twee seuns en een meisie.

Die oorblywende tien pasiënte is almal hospitaal toe vervoer vir verdere behandeling.

Die hoof van provinsiale verkeer in Worcester, Mbulelo Giba, maan padgebruikers om die feestyd wetsgehoorsaam te wees. “Ons as verkeersbeamptes kan nie ongelukke verminder as die gedrag van die bestuurders nie verander nie. Passasiers het die reg om nie in oorlaaide taxi’s te klim of deur iemand wat onder die invloed is of ’n onpadwaardige voertuig bestuur, vervoer te word nie,” sê Giba.

Die N1 tussen Laingsburg en Leeu Gamka is die afgelope Dinsdag (18 Desember) vir ’n paar uur sedert 06:00 gesluit nadat ’n vragmotor omgeslaan het. Die vragmotor, wat vee vervoer het, het skuins oor die pad gelê en verkeersvloei belemmer.

“Ons moes gebruik maak van stop-en-ry-verkeersbeheer. Ons vra motoriste om geduldig te wees wanneer owerhede sulke ongelukstonele opruim,” vra Africa.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.