Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee lyke in twee weke gekry

Twee weke nadat ’n lyk by ’n stortingsterrein in Wor­ces­ter gekry is, is nóg ’n onbekende liggaam in Stof­land by De Doorns gekry.

“Een liggaam is Maandag 8 April omstreeks 06:25 by die Stofland-dam langs die N1 gevind,” sê konstabel Marelise Box, polisiewoord­voerder van De Doorns.

Volgens ’n inwoner wat naby die toneel bly, het kinders wat dáár gespeel het, op die liggaam afgekom.

“Een van die kinders het ons kom vertel van die liggaam. Ons het dadelik die ambulans gebel omdat ons gedink het die persoon is siek. Die ambu­lans het nie die telefoon beantwoord nie en toe los ons dit maar, want ons het gedink hy lê maar net daar,” sê die inwoner.

Sy sê toe hulle weer sien was die polisie daar om die liggaam te kom haal.

Volgens Box is die polisie nog nie seker wat gebeur het nie. “Die onbekende oorledene is met verskeie wonde aan sy kop gevind. Die lykskouing kon nog nie bevestig of die man aan die kopwonde dood is nie,” sê sy.

Standard het navraag gedoen oor wat die man aangehad het toe die polisie sy liggaam gevind het, maar hulle kon dit nie bevestig nie. Dit is die tweede onbekende liggaam wat in die Breedevallei-omgewing in minder as ’n maand gekry is.

“ ’n Saak van moord is geopen. Mense met inligting kan sersant Johnie Daniels by 079 894 0169 of by 023 356 4049 bel,” sê Box.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.