Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee sterf in ongeluk op N1

Die polisie in De Doorns ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat twee mense Maandagaand in ’n botsing op die N1 naby De Doorns dood is.

Die botsing het omstreeks 19:00 by die T-aansluiting by die Engen-vulstasie gebeur toe ’n motor en ’n vragmotor gebots het.

Volgens konst. Marelise Box, polisiewoordvoerder van De Doorns, het die motor, wat in De Doorns se rigting onderweg was, teen die vragmotor vasgery.

“Dit word beweer dat die motor, wat van die Worcester-rigting af aangewys het dat hy gaan afdraai, reguit aangery het terwyl die vragmotor besig was om af te draai om De Doorns binne te gaan. Die motor het die agterkant van die vragmotor getref,” sê Box.

Luidens ’n polisieverslag was vyf mense in die motor toe die botsing gebeur het. Drie van die insittendes is ernstig beseer en na die hospitaal geneem. Die bestuurder – ’n man – en ’n vrouepassasier is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Volgens Box is die oorledenes albei van Zwelethemba, Worcester.

“Hul ouderdomme kon nog nie bevestig word nie. ’n Saak van strafbare manslag is geopen vir verdere ondersoek,” sê Box.

Standard het van die naasbestaandes genader, maar hulle wou nie kommentaar lewer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.