Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee Valleiers deur in ‘Maak my Famous’
Teswill October


Twee Breedevalleiers het deurgedring na Maak My Famous se top 48, dieselfde kompetisie wat verlede jaar deur die Worcesteriet Cheswyn Ruiters gewen is.

Die twee rymkletsers, Spinnekop van Worcester en Reggie B van Rawsonville, is albei baie opgewonde dat die program uitgesaai word.

Spinnekop, gedoop Teswill October (27), sê hy rymklets sedert hy ’n kind was en dat sy ouma hom gesê het hy moet ’n oudisie instuur vir die tweede seisoen van dié gewilde Afrikaanse talentsoekprogram.

Reagan Plaatjies
Reagan Plaatjies, ’n Rawsonviller, is opgewonde vir almal om hom in aksie te sien op Maak My Famous.

“Kyk, sy hoor altyd hoe ek rap in die huis en wanneer ek in die badkamer is. Sy het gesê ek is goed daarin en dat ek my oudisie moet deurstuur,” vertel October baie opgewonde.

Spinnekop rymklets al “professioneel” vandat hy 15 is en was ook al deel van ’n groep wat gereeld opgetree het. Hy het ook al saam met talle bekendes in die Breedevallei opgetree. Hy skryf ook sy eie lirieke en verkies om in Afrikaans te rymklets.

“My doel is om die plaaslike mense te bereik. Ek praat oor daaglikse gebeure in ons lewens.”

Teen die tyd wat hy die oproep van Emo Adams, die meesterbrein agter die program, gekry het, het hy al vergeet dat hy sy oudisie-band weggestuur het.

“Toe hy bel het ek nie die nommer herken nie en vra toe myself wie bel dan nou vir my. Maar toe ek antwoord en sy stem hoor was dit asof my hart in die lug opgespring het. Ek het onmiddellik van die bed af gespring en die goeie nuus met my ouma gedeel.”

Ek het onmiddellik van die bed af gespring en die goeie nuus met my oue gedeel
Spinnekop

Vir Reggie B, ook bekend as Reagan Plaatjies (24), was dit weer iets heeltemal anders.

“Ek was sò geskok, ek net daar waar ek gestaan het gevries nadat die dame op die foon gesê het ek is deur na die volgende ronde,” sê hy.

Sy rymklets-reis het tien jaar gelede begin toe vriende van hom gevra het hy moet op een van hul liedjies sing.

“Ek het ingestem om hul chorus te sing, maar ek het ’n voorwaarde gehad, en dit was dat ek my eie stukkie rap op die liedjie, en hulle het ingestem. Maar ek kom al sedert ek graad 7 is op met my eie stukkies.”

Hy het in 2015 sy eerste CD vrygestel. Hy skryf al sy eie musiek en noem dat die skrywery ook ’n groot passie vir hom is.

“Maar, om op te tree voor mense, dis amper asof jy dan na ’n ander vlak gaan terwyl jy optree.”

Skakel Woensdag 29 April om 20:00 in op kykNET, DStv kanaal 144 om hierdie twee in aksie te sien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.