Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee verdagtes vir moord in hegtenis geneem

Die Worcester-polisie het die afgelope naweek twee verdagtes in hegtenis geneem vir moord.

Die polisie het een verdagte in hegtenis geneem nadat hy uit Worcester-hospitaal ontslaan is. Die verdagte het Saterdag 2 Februarie omstreeks 08:15 sy vriend (35) verskeie kere gesteek. Die voorval het in Zwelethemba plaasgevind. Luidens ’n mediaverklaring van die polisie was daar ’n stryery tussen die twee vriende.

“Die verdagte is ook beseer. Hy het mediese behandeling vir sy wonde in die hospitaal ontvang. Hy is onmiddellik daarna aangekeer,” sê die woordvoerder van Worcester se polisie, kapt. Lindikhaya Mkhontwana.

’n Vrou (38) is Sondag (3 Februarie) in hegtenis geneem nadat sy haar man met ’n mes gesteek het. Mkhontwana sê die man en vrou het vooraf ’n rusie gehad. Die voorval het omstreeks 14:30 by hul huis in Kolgansstraat, Avianpark, plaasgevind.

“Die vrou het na bewering die slagoffer op sy linkerbobeen gesteek. Die man het toe geval. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk nog voor die ambulans of polisie op die toneel aangekom het.”

Volgens ’n bron het die vrou die man eers in nek gesteek en later in sy been.

Die verdagtes het op aanklagte van moord in Worcester se landdroshof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.