Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee werkers sterf in botsing


Twee mense is dood toe twee vragmotors Woensdag (17 Junie) omstreeks 18:20 reg van voor teen mekaar gebots het. Die ongeluk het by die kruising tussen die N1 en Rouxweg plaasgevind.

“Dit was ’n kop-aan-kop botsing waar twee trokke betrokke was en daar is twee sterftes op die toneel aangemeld,” sê woordvoerder van die Worcester-polisie, Kapt. Tobela Dyasi.

Volgens die Worcester-polisie het die een vragmotor plaaswerkers vanuit Wolseley na Robertson vervoer. Dié vragmotor wou regs draai by die kruising en het toe met die ander trok, wat vanaf De Doorns se rigting gekom het, gebots.

Volgens die polisie is ’n verdere 22 mense na die hospitaal vir behandeling geneem.

“Dit was ’n verskriklike ongeluk. Volgens die mense wat voor in die trok was kon die trok wat van De Doorns se rigting af gekom het nie betyds rem nie. Toe die trok met die werkers oorgaan, het dié trok net aanhou kom,” vertel Barnal Lekay.

Lekay het aan Standard genoem dat hy seisoenale plaaswerkers verskaf aan boere vir Grassroots in die omgewing en dat die werkers wat betrokke was, werkers was wat hy verskaf het vir die seisoen.

Die vragmotor het die plaaswerkers vervoer.Foto:

“Ek het die drywer geken, maar die ander werker was van Zimbabwe en ek het hom glad nie geken nie.”

Standard het verder verneem dat die werkers groot geskrik het met die slag tussen die twee vragmotors.. Lekay het genoem dat hy een van die werkers gekontak het wat in die trok was om te hoor hoe ver hulle is en in daardie oomblik het die ongeluk glo gebeur.

“Dit was ’n grusame toneel en daar was talle nooddienste wat hand bygesit het om seker te maak dat die betrokke mense die nodig mediese sorg ontvang,” vertel Yasar Ismail van Worcester Breakdown and Recovery Service.

Ismail het verder genoem dat daar redelik baie mense in die trok met die plaaswerkers was en talle mense is verder hospitaal toegeneem vir verdere behandeling.

Die verkeersdienste het die N1 in albei rigtings gesluit om die toneel op te ruim en die pad is later weer vir verkeer opgestel.

Worcester-polisie het bevestig dat daar ’n saak van strafbare manslag vir verdere ondersoek geopen is.

Die toneel waar twee mense hulle lewens verloor het na ’n botsing.Foto:
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.