Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veldtog teen geweld van stapel gestuur

Die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders word jaarliks van 25 November tot 10 Desember gehou en van­jaar is geen uitsondering nie.

The 16 days of Activism Campaign runs from 25 November tot 10 December.

Die regering se inligtings­diens, GCIS, stel weer vanjaar die bewusmakingsveld­togte in gemeenskappe in Worcester bekend om inwoners betrokke by dié kommerwekkende probleem te kry.

Die koördineerder van die veldtogte en adjunkdirekteur van GCIS, Peter Titus, glo dit moet ’n daaglikse veldtog wees. “Kom ons staan saam om ons vroue en kinders te beskerm. Geweld teen een vrou in ons gemeenskap is een te veel,” sê Titus.

“Dit is die verantwoordelik­heid van elke staatsdeparte­ment om soos een vors saam te staan en hierdie veldtog te ondersteun en die geweld teen vroue en kinders in ons gemeen­skap te beveg,” voeg hy by.

Die sleuteldepartemente verbonde daaraan om van dié veldtog ’n sukses te maak, is die Suid-Afrikaanse polisie­diens, die departement van justisie, die nasionale vervol­gingsgesag, die departement van maatskaplike ontwikkeling sowel as die departement korrektiewe dienste.

“Sonder die nieregerings­organisasies soos Famsa, ACVV en Association for Persons with Disabilities (APD), sowel as Kindersorg, sal die regering nooit hierdie geveg alleen kan veg nie,” sê Titus.

Daar sal Dinsdag 27 Novem­ber om 13:00 ’n praatjie oor dwelmmisbruik en mense­handel, op die hoek van Hoog- en Baringstraat aangebied word.

Inwoners word genooi na ’n praatjie Donderdag 29 Novem­ber om 10:00 om hulle meer in te lig oor die geweld teen vroue en kinders.

’n Padblokkade sal Vrydag 30 November in Worcester gehou word en Saterdag 1 Desember sal die voorkoming van HIV/Vigs in die kollig wees.

’n Bewusmakingsprogram oor persone met gestremdhede sal Maandag 3 Desember aangebied word terwyl die bekendstelling van die opgeknapte traumakamers by die polisiekantoor in De Doorns, Rawsonville, Worcester en Touwsrivier Donderdag 6 Desember sal geskied.

Mense wat nog graag benodigdhede wil skenk, is welkom om dit by die APD se kantoor op die hoek van Grey- en Kerkhofstraat af te gee.

Vir nog inligting, bel Titus by 079 396 6623.

Meer oor:  16 Days Of Activism  |  Worcester  |  16 Days Of
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.