Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verander kinders se denke

Die Game Changers-program wat deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement aangebied word, is daarop ingestel om kinders die geleentheid te bied om hulself ten opsigte van verskeie fasette van die lewe te ontwikkel.

“Die program is daarop gemik om die denkwyse van kinders wat uit minderbevoorregte gebiede kom, te verander en hulle in hulself te laat glo, ongeag wat hulle realiteit nou is,” sê Liteschia Plaatjies, een van die aanbieders van die program.

Die program bied kinders die geleentheid ná skool om hulle in ’n veilige omgewing uit te leef.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement wil seker maak dat elke leerder gehalte-onderwys in die Game Changers-program ontvang en die aanbieders van die program ontvang gereeld opleiding.

“Ons verstaan dat die onderwysers dalk nie altyd die tyd het om individueel aandag aan elke kind te gee nie, maar dit is waar ons graag wil hande vat om die kinders se lewe op ’n positiewe manier te verander,” vertel Plaatjies.

“Die aanbieders van die program is ook mense uit die gemeenskap. Ons verstaan wat die kinders elke dag moet deurmaak om ’n sukses van hul lewe te maak. Dit is wat ons program so uniek maak.”

In Worcester vind die program by skole nog sy plek en die aanbieders hoop om binnekort die lewe van nog meer kinders positief aan te raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.