Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verbruikers tree nou anders op

Die nasionale inperking het veroorsaak dat verbruikers­gedrag drasties oor die laaste paar weke verander het.

Volgens inwoners kom dit voor asof mense paniekbevange is oor die situa­sie waarin Suid-Afrika tans is en dus verander hul gedrag.

Standard het by prof. Gunnar Sigge van die fakulteit van voedselwetenskap by die Universiteit Stellenbosch en ’n winkelwerker gaan hoor wat hulle oor die verandering in inkopiegedrag agtergekom het.

“Dit is ongelukkig so dat ’n klein groep verbruikers ’n nuwe neiging in die Suid-Afrikaanse ekonomie veroorsaak en ander volg die tendense. Dit word veroorsaak omdat mense nie goed ingelig is nie en hulle voorspel ’n tekort in die toekoms wat nie waar is nie,” sê Sigge, voorsitter van die fakulteit van voedsel­wetenskap.

Dié kundige het genoem rasionele mense sal nie oorboord gaan met hul inkopies in hierdie tyd nie en die enigste rede wat wel ’n tekort sal veroorsaak, is die oormatige aankope van verbruikers.

“Mense word aangeraai om nie oorbodige aankope te doen nie omdat dit onnodige druk op sekere produkte plaas wat onder baie meer verbruikers versprei kon word. Verbruikers moet koop wat nodig is om voedselsekerheid in hierdie tyd te verseker.”

Winkelwerkers kry daagliks eerstehands te doen met hoe verbruikers reageer in hierdie tyd van nasionale inperking. Standard het gaan hoor hoe hulle hul werkswyse en die huidige situasie ondervind.

“By die winkel waar ek werk, is ons tans besig om maatreëls te bewerkstellig om seker te maak die werkers is beskerm. Werkers is in twee groepe verdeel en elke groep gaan twee weke werk en die ander twee weke moet ons onbetaalde verlof neem,” vertel die werker, wat graag anoniem wou bly.

Die werker het verder uitgebrei en genoem hy is eintlik in hierdie tyd geskok oor die hoeveelheid bejaardes wat nie die konsep van sosiale distansiëring verstaan nie en party mense raak kwaad as die werkers dit aan hulle verduidelik.

“Ons werk is as ’n noodsaaklike diens aangewys en dus het ons ’n plig om vir die gemeenskap ’n diens te lewer, maar die gemeenskap moet ons ook met respek behandel en die opoffering wat ons maak, besef.”

Die werker het aan Standard genoem die twee weke van onbetaalde verlof gaan ’n reusedruk op hul huishouding plaas en met die kinders wat ook tuis is, sien hulle nie uit na die broekskeur-tye wat voorlê nie.

Standard het verder verneem die werkers maak soos ander van openbare vervoer gebruik en funksioneer dus daagliks in ’n hoërisiko-omgewing.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.