Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermeende kabeldief doodgeskok

’n Man is Woensdag doodgeskok terwyl hy vermoedelik koperkabel probeer steel het naby die Transnet-substasie in Louis Langestraat in Worcester.

Standard verneem dat die lyk van die man “geskroei” was.

Die huisie waar die lyk van ’n vermeende kabeldief gekry is.Foto: Verskaf

Die polisie se woordvoerder, AO. Julian Plaatjies, sê ’n kragonderbreking op die perseel is omstreeks 07:15 aangemeld en daar is vasgestel die hangslot van die deur is gebreek. Die lyk van die vermeende dief is in die kragstasie gevind.

“Die ligging van die lyk op die toneel en die verbode toegang tot die substasie het aangedui dat dit ‘n koperkabeldiefstal was wat verkeerd geloop het,” het Plaatjies gesê.

Standard het om 09:00 ’n oproep ontvang van ’n ooggetuie op die toneel wat vertel het dat die man “dood geskroei” is en dat die gebied afgesper was deur die polisie se forensiese eenheid.

Kabeldiefstal is ’n prominente vorm van diefstal in Suid-Afrika omdat die waarde van herwinning van veral koper so hoog is.

“Ons word weekliks in situasies gedompel waar mense koper steel en dan die kragtoevoer belemmer. Hierdie diewe besef nie altyd die gevare wat dit inhou nie en dan huil families lang trane oor geliefdes wat aan die dood afgestaan word omdat hulle geskok word. Ja, koper se waarde is baie hoog, maar teen watter koste is jy bereid om moontlik toegesluit te word of dood te gaan?” sê Willem Otto van Transnet SA.

Die voorlopige ondersoek het dit aan die lig gebring dat die liggaam wat op die toneel gevind is, nie geïdentifiseer kon word nie weens die aard van die beserings wat opgedoen is.

Enigiemand met inligting rondom die saak kan vir AO. Willemse by 023 348 6100 kontak.

Skrootmetaal SA sê daar is baie variasies van koper of soortgelyke metale waarvan die prys wat iemand kan uitkry vir dié metale kan wissel tussen R13,50 en R23 per kilogram.

Metaaldiefstal is ’n ernstige oortreding en inwoners word gevra om enige ongerymdhede te rapporteer by die Breedevallei-munisipaliteit by 023 348 8000 of by die Worcester-polisie by 023 348 8600.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.