Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermeende reeksmoordenaar gaan borgtog vra

Die vermeende reeksmoordenaar Linos Suluman Chinbetu (32), wat verbind word met moorde in Worcester, Wolseley en De Doorns, het Vrydag 1 Maart weer in die landdroshof in Swellendam verskyn.

Chinbetu se saak is tot Maandag 25 Maart vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Hy is Saterdag 9 Februarie in Swellendam in hegtenis geneem. Die Suid-Kaap se polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, het aan Standard gesê DNS-ontledings het tot sy inhegtenisneming gelei. “Die lyk van ’n jong onderwyser is in Desember 2017 in haar huis in Da Gamaskop in die Suid-Kaap gevind. Die polisie kon lank geen verdagtes met die moord verbind nie, maar daar was ’n deurbraak in die ondersoek deur middel van DNS-ontledings,” sê Pojie.

Chinbetu is met soortgelyke voorvalle verbind. Twee vroue van Worcester is ontvoer en in Swellendam vermoor. Nog twee vroue is ontvoer en ook in Swellendam vermoor. Hy word moontlik ook met die moord op ’n man van De Doorns verbind.

Die polisie doen ’n beroep op mense met inligting oor die moorde om die stopmisdaadlyn by 086 001 0111 te skakel.

Die verdagte bly in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.