Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermiste Touwsrivier-man se lyk in Worcester gevind

Martin van Kraamberg van Touwsrivier, wat meer as ses weke vermis was, se liggaam is Maandagmiddag omstreeks 13:00 gevind.

Volgens kapt. Lindikhaya Mkhontwana, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, is sy lyk naby die spoorlyn agter Rainbow Chickens in die nywerheidsgebied gevind.

Geen wonde was aan sy liggaam sigbaar nie.

Sy familie het vroeër aan Standard gesê hy het verdwyn nadat hy uit die Worcester-hospitaal ontslaan is.

“Hy is as vermis by die Touwsrivier-polisiekantoor aangemeld en die familie het die lyk nou gaan uitken,” sê Mkhontwana.

’n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie ingestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.