Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verpleegster ontmoet ‘haar’ vroedvrou

Een-en-twintig jaar nadat Mienke Steyn in Rawsonville gebore is, het haar paaie weer gekruis met die verpleegster wat haar in die wêreld help bring het, maar dié keer het die twee vroue as “kollegas” ontmoet.

Susara du Toit was destyds ’n vooraanstaande verpleegster en vroedvrou in die Rawsonville-distrik en werk vandag nog by die plaaslike tehuis vir bejaardes. “As jy van Rawsonville was en swanger was, was jy gewaarborg om suster Du Toit met die geboorte daar te hê,” het Laetitia Southey, Steyn se ma, gesê. “Sy was daar met Mienke en met my seun.”

Du Toit en Steyn se reünie was aan Southey te danke. Toe Steyn ’n geleentheid kry om praktiese werk by Huis Lafras Moolman te doen as deel van haar studies om ’n verpleegster te word, het Southey haar dogter van haar en sr. Du Toit se gedeelde geskiedenis ingelig. “Ek het nooit gedink ek sou haar ontmoet of selfs saam met haar werk nie,” sê Mienke.

Mienke Steyn (links) en Susara du Toit.

Die jong verpleegster-in-wording het kennelik ’n passie om mense te help. “Ek weet vir ’n feit dat ek niks anders as ’n verpleegster wil wees nie. Ek wou nog altyd mense help.”

Steyn is tans besig om haar derde jaar in verpleging aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie te voltooi en is vir praktiese opleiding by Huis Lafras Moolman geplaas.

Sy beskryf Du Toit as ’n maklike mens om mee oor die weg te kom en as iemand wat omgee. “Sy laat jou nie voel dat jy ’n student is nie. Ek kon nie glo dat ek saam met haar werk nie. Ek het dit terselfdertyd baie geniet. Sy is ’n goeie onderwyser wat altyd bereid is om te help.”

Afgesien van werkverwante lesse het Du Toit ook lewenslesse met Steyn gedeel. “Sy sê altyd dat ’n mens nooit moet optree asof jy alles weet nie, want jy doen nie,” sê Steyn.

Du Toit het haar werk as vroedvrou jare gelede vir ’n pos by die tehuis verruil omdat sy “rustiger wou werk”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.