Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verpleegster red drie uit die koue

’n Verpleegster van Ceres het Vrydag 6 Julie, die dag toe dit so erg in dié dorp gesneeu het, ’n vrou, haar baba en ’n hond se lewe gered.

Sharon Lind, ’n verpleegster by die Bella Vista-kliniek, is deur haar baas huis toe gestuur omdat dit so baie gesneeu het.

Sy het besluit om self by die Op die Berg-kliniek te gaan instaan omdat sy net om die draai van dié kliniek af woon.

“Ek het besluit dat ek as verpleegster by die kliniek gaan sit om mense te help. Op pad na die kliniek het ek ’n hond in die middel van die pad sien lê. Die hond was bykans heeltemal gevries. Ek het die hond huis toe geneem en ‘ontdooi’. Die hond het ’n week by my gebly totdat hy heeltemal aangesterk het voordat ek hom vir iemand gegee het wat vir hom kan sorg omdat ek te min plek by my huis het,” sê Lind.

Met haar aankoms by die kliniek het hulle ’n oproep gekry dat ’n vrou besig is om die lewe te skenk.

“Ek is in die koue en sneeu na die vrou toe. Ek het haar baba, wat vyf weke te vroeg gebore is en slegs twee kilogram geweeg het, gevang. Die baba en mamma het die koue darem oorleef,” sê Lind.

Sandra Maritz, woordvoerder van die departement van gesondheid, het bevestig Lind het die ma en kind ná die baba se geboorte vir verdere behandeling na die kliniek gebring.

“Danksy Lind is die mamma, die baba en die hond se lewe gered,” sê Maritz.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.