Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verpleërs leer meer oor diabetes-sorg

Sowat 60 gesondheidswerkers van verskeie instansies se kennis oor die behandeling van diabetes is onlangs opgeskerp toe ’n span van Tygerberg-hospitaal ’n interaktiewe werksessie in Worcester aangebied het.

Die werksessie het op 25 April by Worcester-hospitaal plaasgevind.

Die hoof van die endokrinologie-afdeling van Tygerberg-hospitaal, dr. Marli Conradie, sê diabetes is nie net ’n toestand wat lei tot hoë suikervlakke in die bloed nie.

“Die behandeling van diabetes is uniek omdat dit die persoon se hele lewe raak en sy leefstyl ’n groot invloed daarop het.

“Diabetes is die nommereen-oorsaak van dood in die Wes-Kaap (5,4% van sterftes) en dra by tot gesondheidsprobleme soos hartsiektes, blindheid en nierversaking.

“Daar is praktiese aspekte verbonde aan die hantering van diabetes wat ’n drastiese invloed op die uitkoms van die persoon se gesondheid kan hê, wat soms nie voldoende in die konvensionele opleiding van gesondheidsorgwerkers aangespreek word nie,” sê Conradie.

Deelnemers het in die werksessie na verskillende punte beweeg waar aanbiedings gedoen is met die fokus op aspekte soos voeding, diabetes tydens swangerskap en die bestuur van diabetes wanneer die pasiënt gehospitaliseer is of ’n buitepasiënt is.

Deelnemers het veral die praktiese aspekte van insulienterapie leersaam gevind.

“Diabetes en die behandeling daarvan raak alle personeel.

“Dit is belangrik dat almal ’n basiese kennis het van veral die voorkoming, maar ook tydige diagnose van diabetes,” sê Conradie.

Meer oor diabetes

Daar is verskillende soorte diabetes:

• Tipe 2-diabetes is ’n kroniese toestand wat ’n invloed het op hoe die liggaam bloedsuiker verwerk.

• Tipe 1-diabetes is ’n kroniese toestand waar die pankreas min of geen insulien produseer nie.

• Insulienweerstandigheid is ’n toestand waar bloedsuiker hoog is, maar die persoon nog nie as iemand met Tipe 2-diabetes beskou word nie.

• Diabetes tydens swangerskap is ’n vorm van hoë bloedsuiker wat swanger vroue ervaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.