Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier tuindag met jou eie kruietuin

Hierdie komende Sondag kan plantliefhebbers en diegene met groen vingers gerus tyd in die tuin deurbring – Sondag is nasionale tuindag.

Tuindag (11 Oktober) is ’n geleentheid vir mense oor die land om gereedskap op te neem en hul tuine te vier. Almal kan deelneem, ongeag die grootte van hul tuine – grasperke, vensterbanke in potte, stedelike dakke of patio-potplante; almal is welkom.

Hoe jy dit vier, is heeltemal in jou hande – die belangrikste is om buite te wees, ’n blomkroon te dra en die lente met ’n huppel in die stap te verwelkom.

Standard wil hierdie week aan lesers wys hoe maklik en eenvoudig jy ’n kruietuin kan begin – al het jy min plek.

Kruie is veelsydige plantjies wat versorging, water en aandag benodig. Soms is talle se droom om ’n gevestigde kruietuin te hê – iets wat gekortwiek word deur ’n gebrek aan ruimte.

Kruie word gebruik in kos, medisyne en ander kosmetiese produkte.

Kruie kan of per plant of met sade gekoop en gekweek word, maar hoe jy jou kruie gebruik, is in jou hande.

Wat het jy nodig:Plastiekbottels, soos tweeliter-koeldrankbottels;Spykers en draad;’n Palet;Kompos;Kruie.Hoe maak jy dan?Stap 1:

Plaas die bottel op sy kant en sny ’n gat vir jou kruie. Maak gaatjies aan die onderkant vir dreinering.Stap 2:

Maak ’n gat in die onderkant van die bottel en druk ’n spyker daardeur.

Maak draad aan al twee kante vas en hang dit teen jou palet.Stap 3:

Maak die grond nat voordat jy die plantjies of saadjies plant.

Vul die bottel met kompos. Pak dit stewig vas en maak dit nat.Stap 4:

Plant kruie in die bottel.

Plant die kruie, vul dit op met kompos en maak weer goed nat.

Die kruiebottels kan ook met draad gehang word of selfs net so in vensterbanke gepak word. . Kruie benodig ewe veel son en skadu en genoegsame water en aandag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.