Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vision of Daniel skitter by Kersfeeskore

Die Vision of Daniel-kersfeeskoor­orkes, in die volksmond bekend as Visions, het onlangs vriend en vyand verras met ’n uithalervertoning by die Suid-Afrikaanse Kersfeeskoor­raad se inter-uniale kompetisie by die Faurestraat-stadion in Paarl.

Visions was saam met Young Guiding Stars (Ravensmead) en Peace and Goodwill (Heideveld) die verteen­woordigers van die Wes-Kaapse Kersfeeskore.

Die Wes-Kaapse kore het die kompetisie heeltemal oorheers en met die meeste eerste plekke weggestap.

Benewens Visions se oorheersing in die senior afdeling (meeste punte), het die koor ook die afdeling vir die hoogste punte met Young Guiding Stars gedeel.

Die wenner is met die opskiet van ’n munt bepaal en Visions moes met die tweede plek tevrede wees.

Die koor het die volgende prestasies in die junior afdeling behaal: Groot verbymars (tweede), besgeklede span (vierde), besgeklede trommelmajoor (derde) en trommelmajoor (derde).

Senior afdeling: besgeklede span (derde), besgeklede trommelmajoor (derde) en groot verbymars (tweede).

Garnett Botha, kaptein van Visions, het homself as een van die beste trommelmajore in die SA Kersfeeskoorraad gevestig toe hy vir die derde agtereenvolgende kompetisie die eerste plek in die afdeling vir trommelmajore verwerf het.

Hierdie talentvolle musikant is ook ’n tenoorsaksofoonspeler en sy twee seuns is trommelmajore in die junior- en tiny tots-afdelings.

Visions se jeugorkes, waarvan die jongste musikant slegs elf jaar oud is, het goeie terugvoering van die beoordelaars ontvang vir die solo-afdeling.

Die koor toon groot verbetering in hierdie afdeling danksy die doelgerigte afrigting van die orkesleier, Nathon Hyman, wat sy tyd opoffer om jong seuns en meisies op te lei in musiekteorie en die speel van instrumente.

Visions is ook groot dank verskuldig aan Shayne Hannie van Perseverance-Kerskoor (Elsiesrivier), asook Foxcroft van Rawsonville, wat altyd help met afrigting en afronding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.