Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrae oor ‘goedkoop grond’

Talle vrae word gevra oor die waardasie van ’n stuk landbougrond wat teen ’n ooglopend baie lae prys gewaardeer is om deur die munisipaliteit verkoop te word. Dié aangeleentheid gaan nou moontlik in die hof draai.

Breedevallei Onafhanklik (BO) se aansoek om toegang tot openbare inligting ten opsigte van die waardasiebedrae vir die munisipaliteit se plaas Rhoode Hoogte 576 is Dinsdag 1 Mei deur die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) afgekeur.

Die BO het die Wet op Toegang tot Inligting – oftewel Paia – gebruik om inligting te verkry oor hoe die waarde van die plaas Rhoode Hoogte bereken is. Wat hulle wil weet, is hoekom die aanvanklike waarde van R1,5 miljoen tot R75 000 gedaal het. Die aansoek is egter deur die BVM afgekeur.

Volgens die BO-raadslid Nik Wullschleger gee die BVM “vertrouensbreuk aan ’n derde party wat inligting verskaf het” as die rede vir die afkeur van die aansoek.

Die afkeur-brief lees soos volg: “Hierdie rekords bevat inligting wat vertroulik deur ’n derde party verskaf word, waarvan die openbaarmaking redelikerwys verwag kan word:

a. Om ’n aksie te vorm vir die skending van ’n vertrouensplig met betrekking tot ’n derde party ingevolge ’n ooreenkoms (Paia-handleiding 9.1.3),

b. Om die toekomstige verskaffing van soortgelyke inligting of inligting te benadeel uit dieselfde bron (Paia-handleiding 9.2.1.1).”

Die BO sê egter dit is nie ’n geldige rede nie. Op sy Facebook-blad sê hy volgens regsadvies wat die party ontvang het, mag die rede soos deur die BVM aan hom verskaf – dat dit inbreuk sal wees op vertrouensplig met betrekking tot ’n derde party – nie as rede aangevoer word nie.

“Ons kan appèl aanteken, maar die plaas sal seker lankal verkoop wees teen die tyd dat ons ’n antwoord sal ontvang. Die BO gaan die howe nader om die munisipaliteit te dwing om die waardasieverslae aan ons beskikbaar te stel,” sê die party.

  • Standard het op 13 Mei berig oor die BVM se besluit om Rhoode Hoogte-plaas 576 vir ’n bedrag van R75 000 te verkoop. Die verkoop en waarde van die Rhoode Hoogte-eiendom van meer as 15 hektaar is op die vierde raadsvergadering van die jaar so deur die DA-geleide Breedevallei-raad voorgestel en aanvaar.

Die BO het beswaar aangeteken rakende die voorgestelde vervreemding van die eiendom. Die party het ook formeel beswaar aangeteken tydens die openbaredeelnameproses.

’n Gedeelte van die beswaarbrief van die BO lees soos volg: “Met inagneming van bogenoemde potensiële gebruike en die groot daling in die eiendomwaardasie, sonder dat werklike motivering deur die raad verskaf word, het ons geen keuse nie as om formeel beswaar te maak teen die besluit om die eiendom bekend as Rhoode Hoogte, die restant van Plaas 576, Worcester, te verkoop.”

Die nuutgestigte Breedevallei Belastingbetalersvereniging (BVB) sê hy veroordeel ook die verkoop van die plaas ten sterkste.

“Die publiek het die reg om te weet hoe die waarde van die plaas van R1,5 miljoen tot R75 000 verander het,” sê die BVB.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.