Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vriendelike oudhoof sterf

Christiaan Roode (64), oudskoolhoof van Drostdy Primêre Skool in Tulbagh, is oorlede.

Roode, alombekend as Christy, is Woensdag (4 November), na ’n kort siekte oorlede.

Hy het in 1974 by Hoërskool Bergrivier in Wellington gematrikuleer. Sy eerste betrekking as onderwyser was by Hoërskool Waveren in Tulbagh. In 2013 het hy as skoolhoof by Drostdy Primêre Skool afgetree – een van die landelike skole in die Tulbagh-distrik.

Roode het ’n besonderse liefde vir musiek gehad en was die plaaslike VGK se koorleier, asook orkes-afrigter van die Tulbagh Crusaders.

Hy het oor ’n wye verskeidenheid vaardighede beskik en sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hy was ’n man van vele talente en dit was welbekend in die gemeenskap.

Hy kon huisplanne teken, beeldhouwerk en houtwerk doen, sweis, elektriese bedrading doen, het motors herstel, was ’n musikant en het groenvingers gehad. Enige steggie wat hy in die grond gedruk het, het gegroei.

Hy word onthou as ’n uitstekende sportafrigter en het destyds vir United-rugbyklub as senter uitgedraf en was ook ’n vurige, glibberige skrumskakel.

Hy laat sy vrou Corita, twee seuns, Earl en Clayton, een dogter, Elzaan, agt kleinkinders en vyf susters agter. . Die begrafnisdiens is Saterdag 14 November om 11:00 by die huis en om 12:00 uit die plaaslike VGK.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.