Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou in skietvoorval

Die Worcester-polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n vrou in Avianpark geskiet is.

Die skietvoorval het Saterdag omstreeks 05:45 in Die Kamp-gebied van dié woonbuurt plaasgevind.

Volgens die woordvoerder van Worcester-polisie, kapt. Lindikhaya Mkhontwana, het die vrou en haar kêrel in die bed gelê toe twee onbekende verdagtes hul houtstruktuur genader het. “Die verdagtes het toe vier skote afgevuur.”

Die vrou is in haar arm getref en na Worcester-hospitaal geneem.

“Die verdagtes het van die toneel af gevlug. Magasyne en ammunisie is op die toneel gevind,” sê Mkhontwana.

Volgens Mkhontwana is die motief van die skietvoor­val steeds onbekend en die polisie se ondersoek duur voort.

Mkhontwana sê inligting uit die gemeenskap kan tot die inhegtenisneming van die verdagtes lei. . Mense met inligting kan die polisie by 023 348 8600 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.