Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou met draad om nek dalk verkragtingslagoffer

Volg van bl. 1

“Sy het gewys dat sy dors is en gelukkig het ek altyd water in die kar. Ek het die polisie geskakel en haar tussendeur probeer kalm hou. Dit is ’n moeilike deel van die pad, want dit is donker en ’n mens weet nie of dit dalk ’n lokval is nie en wie enige oomblik uit die bosse kan kom nie. Die polisie was binne 10 minute uit Worcester op die toneel – dit was merkwaardig,” sê Hermanis.

In die minute wat hulle vir die polisie gewag het, het Hermanis die vrou uitgevra om te probeer vasstel wat gebeur het.

“Ek het haar gevra wat gebeur het en sy het vier vingers opgesteek. Ek het gevra: ‘Vier mans?’ en sy het haar kop in ooreenstemming geknik. Enkele oomblikke later het ’n man uit die bos gekom. Ek het eers geskrik en gesê hy moenie naby kom nie, maar hy het gesê hy is haar kêrel. Sy het dit bevestig. Hy het gesê hy het pas klaar gewerk en het na haar gesoek. Die storie het nie heeltemal sin gemaak nie, maar ek het hom gevra om nog hulp te gaan soek. Hy het toe verdwyn na haar ouerhuis toe en ek het hom nie weer gesien nie.”

Hermanis vertel hy wou haar net beskerm en dat sy pligsgevoel ingetree het om alles in sy vermoë te doen om haar te help.

Kort daarna het haar ouers ook op die toneel opgedaag.

Sers. Annalize October van die Worcester-polisie het bevestig polisiebeamptes is na die toneel vir bystand ontplooi en die ambulansdienste het die vrou na die Worcester-hospitaal geneem.

“Geen dossier is nog geopen nie. Die polisie het ’n klagte van moontlike verkragting gekry en polisiehulp ontplooi. Die klaer sal waarskynlik ’n saak maak, maar tot nou is nog geen saak geopen nie,” verduidelik October.

Die presiese gebeure rakende die voorval is nie bevestig nie. Standard weerhou die slagoffer se naam om haar te beskerm.

Hermanis het gesê sy het verduidelik hoe sy geskop en seergemaak is en dat die mans haar die bos in gesleep het en haar wou verkrag.

“Na bewering het hulle haar toe gelos en sy moes tot by die pad gekruip of gestrompel het om hulp te soek. Daar was soveel karre wat net verbygery het. Ek is bly ek het na my instink geluister,” sê hy.

Die slagoffer se ma sê hulle was baie geskok oor die nuus.

“’n Mens sal geskok wees as so iets met jou kind gebeur. Sy is darem nou ontslaan en by die huis besig om eers weer mens te word,” sê sy.

Hermanis verduidelik hoe beïndruk hy met die polisie se vinnige optrede was.

“’n Mens hoor altyd net die slegte goed van polisiebeamptes, maar in hierdie geval was dit anders. Eerstens was hulle blitsig op die toneel en tweedens het hulle soveel empatie met haar getoon. Die mooiste oomblik was toe die wit polisiebeampte op sy hurke by haar gaan sit en so mooi met haar gepraat het. Dit wys empatie. Dit wys karakter. Ons moet meer daar wees vir ons medemens. Niemand is die held in hierdie storie nie – ons moet uitkyk vir ander en ons instink vertrou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.