Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
16 dae van aktivisme
'Vroue, julle moet saamstaan!'

Estelle Fredericks, bestuurder by die House of Hope-plek van veiligheid in Worcester, het onlangs by die Wes-Kaapse Vroueparlement deelgeneem aan die debat wat gehandel het oor geweld teen vroue en die uitdagings wat vroue in landelike gemeenskappe het.

“Dit was goed om saam met ander vroueleiers van regoor die Wes- Kaap byeen te kom om die uitdagings wat vroue in ons gemeenskappe te bespreek,” sê Fredericks.

Fredericks ag dit belangrik om te netwerk en om hande te vat in die gemeenskap om ’n verandering te bewerkstellig.

Estelle Fredericks is verkies as die leier van die streek se vroueorganisasies. Sy het deel gevorm van 58 vroue wat deelgeneem het aan die Wes-Kaapse vrouedebat. Foto: Breyten Cupido

“Ek sal beslis nie hierdie taak alleen aanpak nie. Ons moet as ’n gemeenskap saam staan en ons moet ons fokus op een doel plaas om geweld teen vroue en kinders uit te roei uit ons gemeenskappe uit,” vertel Fredericks.

In Worcester is daar net twee veilig hawes waarheen vroue kan gaan wat deur mishandeling geraak word. Benewens House of Hope, is daar FAMSA.

“Dit is my hoop dat ons kan ontmoet en ’n plan van aksie van beraam om sake te verbeter. Probleme wat in ons gemeenskap is spruit uit huishoudings waar die oorspronklike oorsaak gevind kan word.”

Fredericks was voorheen ’n verpleegster by Worcester- hospitaal en sy sê dit is hier waar sy gesien het hoe broodnodig die gemeenskap ’n veilige hawe nodig het vir vroue.

“Ek het vir 23 jaar verpleeg voordat ek voltyds betrokke geraak het by gemeenskapswerk. In die trauma eenheid het ek baie dinge gesien wat vir my aangespoor het om ’n aktief vroue te help veral dié wat op plase woon.”

Ons gaan eenvoudig net nie meer wegdraai van vroue en kinders wat swaarkry in ons gemeenskappe nie.

“Dit sal goed wees as die gemeenskap van Worcester veral begin saamstaan en opstaan teen geweld. Ons gaan eenvoudig net nie meer wegdraai van vroue en kinders wat swaarkry in ons gemeenskappe nie.”

Die 16-dae van aktivisme het op Maandag 25 November begin en sal op Dinsdag 10 Desember eindig. Die tema vir hierdie jaar se 16-dae is ‘Genoeg is genoeg’ en mense moet begin hul misnoeë uitspreek teenoor geweld teen vroue en kinders.

“Die geveg om geweld teen vroue en kinders te bekamp is een wat elke dag van die jaar moet plaasvind. Vroue en kinders word daagliks mishandel dus moet ons aktief bly om seker te maak dat die samelewing ’n plek is waar vroue en kinders veilig kan voel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.