Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrouebewaarders se werk en toewyding beïndruk

Ubuntu Reconstruction het Dinsdag 28 Augustus ’n vrouedag vir die vrouebewaarders van die Brandvlei-gevangenis naby Rawsonville gehou.

Volgens Lydia Loff, stigterslid en voorsitter van die vrywilligheidsorganisasie Ubuntu Reconstruction, het hulle die jeug by die gevangenis toegespreek en dit was hierdeur dat die toewyding van die vroue wat daar werk, haar geraak het.

Dit het haar bygebly en sy het besluit om iets vir die hardwerkende vroue te doen.

“Vir my is dit belangrik om ons vrouegemeenskap te eer en te vier, veral nadat ek gesien het hoe hard hulle werk en die respek wat hulle geniet,” voeg Lydia by.

Die vroue is geprys vir die werk wat hulle doen. Lydia het hulle bedank vir hul diens en wat hulle vir die gemeenskap beteken en gemotiveer om so aan te hou.

Lee Rooi, Liena Malies en Charmaine van Rooi het ook die dag bygewoon om die vroue toe te spreek en te bemoedig.

“Ek wil hierdie vroue vandag op hierdie manier erkenning gee vir die manier waarop hulle hul werk doen en hoe hulle hulself dra,” het sy gesê.

Die meer as 30 vrouebewaarders het Dinsdag ook ’n sertifikaat van waardering ontvang en die oggend geniet.

Lydia sê sy wil almal wat ’n bydrae gelewer het om die oggend ’n sukses te maak, bedank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.