Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vuisgeveg by skool ‘erger as Pollsmoor-gevangenis’

Altesaam 19 leerders van Hexvallei Sekondêre Skool in De Doorns is geskors nadat ’n “massavuisgeveg” op die skool se terrein uitgebreek het.

Dié voorval, wat verlede Vrydag gebeur het, is op drie video’s vasgevang en het opslae in sosiale media gemaak.

In die video’s kan gesien word hoe die leerders mekaar met hul vuiste bydam en toetakel. Talle medeleerders staan rondom die leerders wat baklei.

’n Man in ’n pers hemp, vermoedelik ’n onderwyser, probeer die leerders uitmekaar hou, maar word dan ook amper by die bakleiery betrek.

Dié man het wel later daarin geslaag om die bakleiery te stop.

Van die leerders het ook probeer om tussenbeide te tree.

Een van die video’s wat in sosiale media te sien was, is teen druktyd al meer as 12 000 keer gekyk.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, sê beamptes by die onderwysdepartement is bewus van die voorval by die skool.

“Ons verskaf tans ondersteuning aan die skool om aandag aan geweldadige gedrag van leerders by die skool te gee. Die skool bestudeer tans die beeld­materiaal en as ander leerders (daarvolgens) ook die gedragskode van die skool oortree het, sal hulle ook gestraf word,” sê Shelver.

Die persoon wat die video op sosiale media gedeel het se opskrif vir die video is: “Ons skool Hexvallei Senior Sekondêr in De Doorns – dis erger as Pollsmoor-gevangenis. Geen dissipline, geen selfrespek, geen trots. Pateties!”

Talle mense het op dié video’s kommentaar gelewer.

Sommige kommentators meen egter dat dit nie veel erger is as gevegte wat gereeld op skoolterreine uitbreek nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.