Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wat doen Valleiers tydens die nasionale inperking?

Hoewel Suid-Afrikaners nou al ’n week gewoond is aan die nasionale inperking oor die Covid-19-pandemie, het Standard besluit om virtueel by Valleiers in te loer en uit te vind presies wat hulle doen om besig te bly.

Talle maatskappy het ’n werk-van-die-huis-af-stelsel bewerkstellig waar talle sommer in die gemak van hul eie huis kan aangaan met basiese take, maar vir ander is dit moeilik.

“Ek moes verlof neem. Ek is half gedwing om dit te doen. My man is ’n noodsaaklike werknemer wat beteken hy moet elke dag nog werk toe gaan en dan later terugkeer huis toe. Ek is maar by die huis en moet maar van my werkloosheidsfonds eis,” het ’n anonieme inwoner van Worcester aan Standard gesê.

Hoewel talle gefrustreerd is oor dié situasie, het ander ook eerder besluit om aandag te gee aan hul huise, gesinne en selfs hulself.

Anita Goosen-Rabe van Worcester sê die inperking doen haar eintlik goed.

“In hierdie stadium hanteer ons dit nog baie goed. Ons pak kaste reg, werk in die tuin en het selfs ’n program uitgesit vir wat om elke dag te doen. Ons drie (gesin) werk saam as ’n span en geniet eintlik die stilte – hierdie het ons eintlik net nader aan mekaar gebring.”

Azelle Burrows is tans swanger en het ook meer as genoeg om haar tydens die inperking besig te hou.

“Ek is 28 weke swanger en gebruik maar die tyd om net lekker te ont­span. Ek en my man, Shane, doen ons tuin oor. Hy het besluit om sy bakkie ook oor te spuit. Ons bly lekker besig in en om die huis. Ons gebruik ook die tyd om nader aan ons Hemelse Vader te kom en ook nader aan me­kaar. By die huis is waar ons veilig is, waar almal veilig moet wees.”

Amanda Booysen van Roodewal geniet ook die alleentyd saam haar dogter. “As my kind teruggaan om te gaan studeer, dan sien ons mekaar min. Vandag (31 Maart) kan ek ook sien dat my bure ook besef wat die gevare is wat die virus inhou. Hulle is besig om tuin skoon te maak en die vroue hou hulle besig in die huis. In die begin was dit nogal ’n aanpassing om by die reëls te hou, want ons is gewoond daaraan om buite te sit, maar soos die dae aangaan het dit makliker geword.”

Melissa Burger en haar gesin is besig om te bak en te brou. “Ons bring ook die tyd saam deur en bordspeletjies word ook daagliks geniet.”

Jess Groenewald vertel aan Standard dat hulle graag braai en tyd in die tuin deurbring, terwyl Hillery Otto ook graag op haar stoep sit en musiek luister.

Ida Nicol oefen die tyd om en hoop om lekker fiks en gesond uit die inperking te kom.. Wat doen jy vir die volgende paar dae tot die inperking op 16 April verstryk? Laat weet ons by jp.myburg@media24.com en hou ons Facebookblad dop vir daaglikse nuusbrokkies en inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.