Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees waaksaam wanneer kinders gaan swem

Terwyl baie Wes-Kapenaars gereed maak om in die skoolvakansie te gaan ontspan, word inwoners van veral Witzenberg gevra om kinders wat swem, dop te hou.

Die jongste profiel oor sterftes in die Wes-Kaap (2010 tot 2016) wys dat 200 mense jaarliks as gevolg van verdrinking sterf.

Van hierdie slagoffers is 35% kinders jonger as vyf jaar.

Die Witzenberg is een van drie gebiede waar kinders gereeld verdrink.

“Dit is baie ontstellend dat gesinne se lewe as gevolg van verdrinking tot stilstand geruk word,” sê Handri Liebenberg, adjunkdirekteur van omvattende gesondheidsdienste by die Kaapse Wynland-kantoor van die departement van gesondheid.

“In baie gevalle sou dit verhoed kon word.”

Selfs al het ’n kind nie verdrink nie, maar net ’n noue ontkoming gehad, kan die impak blywend wees. Kinders kan onder meer fisiek gestremd word of geheueverlies ervaar.

Verdrinkings vind meestal by swembaddens plaas of waar damme en opgaartenks is.

Wanneer iemand in die nood verkeer

Wanneer iemand in die water in die moeilikheid beland, kan hy of sy dalk te moeg wees om te waai of om hulp te roep. As jy sien dat iemand sukkel om te swem of om sy kop bo water te hou, moet jy:

1. Roep vir hulp.

2. As dit veilig is, probeer om die swemmer uit die water te haal.

3. Die slagoffer kan op sy of haar sy gedraai word sodat water makliker uitgehoes kan word.

4. Draai die slagoffer weer op sy rug en blaas lug in sy mond terwyl jy sy neus toedruk.

5. Kyk of jy kan sien dat die slagoffer asemhaal. As jy nie kan sien dat sy borskas oplig, hy beweeg of asemhaling kan hoor nie, blaas weer lug by sy mond in en herhaal die proses tot mediese hulp opdaag.

Selfs al het iets spesifiek nie gebeur toe ’n kind gaan swem het nie, moet ouers die kind die 48 uur daarna dophou vir simptome soos hoes, borspyn, asemhalingsprobleme of selfs as die kind net buitengewoon moeg of lomerig is. Kry dadelik mediese hulp indien jy hierdie simptome gewaar. Beperk die kans op verdrinking

Wees voorbereid hierdie vakansie en: . Maak seker dat ’n swembad, dam of opgaartenk waar kinders speel, omhein of toegemaak is. . Leer jou kinders om nooit sonder jou toestemming óf die toesig van ’n volwassene te gaan swem nie. . Hou kinders dop wat swem – selfs al gebruik hulle hulpmiddels om hulle te help dryf. . Swem net in gebiede waar menseredders aan diens is. . Moenie alkohol gebruik voordat jy gaan swem nie. . Moenie naby rotse swem nie. . Moenie duik in vlak water of waar jy nie die bodem kan sien nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.