Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wendyhuisies brand af – ‘alles was binne ’n paar minute weg’

Die reuk van rook hang dik in die lug.

Aisha Hendricks en Isaac Swarts sit in die donker met net ’n kersie om hulle in die nat, yskoue weer warm te hou.

Die wendy waarin hulle in Riverview gewoon het, is die afgelope naweek in ’n brand vernietig.

Volgens die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) is drie informele strukture en ’n woonstel by die H-blok Saterdagoggend vroeg deur ’n brand verwoes.

“Ons het alles verloor. Dis niks lekker nie, dis hartseer,” sê Hendricks.

Hendricks, wat in een van drie wendyhuisies agter die H-blok-woonstel gebly het, het Vrydag omstreeks 03:00 opgestaan om die badkamer te gebruik toe hulle die vlamme sien.

“Ons het geslaap. Isaac het opgestaan toe hy rook ruik. Hy het my wakker gemaak. Toe ons buite kom, was die vlamme al hoog. Hier is drie wendyhuisies agter die woonstel. Ons bly in die eerste een en dis die middelste een wat eerste aan die brand geraak het. Alles was binne ’n paar minute weg,” sê Hendricks.

Die brand het al drie wendyhuisies sowel as die onderste woonstel in die
H-blok vernietig.

Hendricks sê sy is nie seker hoe die brand begin het nie. “Dit kon ’n kortsluiting gewees het, maar ons is nie eintlik seker nie,” sê sy.

“Die onderste woonstel het die ergste gebrand. By die boonste woonstelle is dit net die vensters wat gebars het,” sê Hendricks.

Volgens Hendricks bly hulle intussen in ’n kamer in die donker woonstel. Die ander slagoffers het by familie of vriende gaan bly. Sy sê sy weet nie wat hulle gaan doen nie. “Ons probeer nog verwerk wat gebeur het. Dis ’n groot skok,” voeg sy by.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.