Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
promosie-artikel
Werkloosheid só gekniehalter
E2 LEARN


Dit is 'n werklikheid dat ons in Suid-Afrika met ’n astronomiese werkloosheidsyfer gekonfronteer word en dat dit dikwels veral jeugdige Suid-Afrikaners is wat die hardste deur die werklikheid getref word.

Die geleentheid om ’n vaardigheidskwalifikasie te bekom, is vir die meeste jong Suid-Afrikaners net ’n droom. In die meeste gevalle is die ekonomiese onvermoë van ’n reeds sukkelende huishouding dikwels die rede dat jeugdiges hulself nie beter kan kwalifiseer nie, wat weer daartoe lei dat hulle die kans verbeur om hulself vir doeleindes van indiensneming meer bemarkbaar te maak. Twee Worcester-gebaseerde maatskappye het gevolglik kragte saamgespan om ’n platform op die been te bring, wat aan werklose jongmense die geleentheid bied om ’n vaardigheidskwalifikasie te verwerf.

In die lig van die kommerwekkende werkloosheidsyfer het Pool Transport en DNP Business, ’n maatskappy wat spesialiseer in staatsgesubsidieerde programme en organisasieontwikkeling, besluit om proaktief op te tree deur ’n elektroniese opleidingsplatform, naamlik E2 Learn, op die been te bring. Die vier stigterslede van E2 Learn, Marnus Dreyer (besturende direkteur, DNP Business), Jaco Naudé (finansiële direkteur, DNP Business), Helmut Pool (uitvoerende direkteur, Pool Transport) en Dirkie van Zyl (uitvoerende hoof, Pool Transport), is hoopvol dat hierdie inisiatief ’n merkbare verskil sal maak om die opleiding en indiensneming van jongmense te bevorder. Dreyer, wat beskik oor baie jare ondervinding in opleiding, personeelontwikkeling en sakebestuur, is benoem om as uitvoerende hoofdirekteur van E2 Learn te dien en het aan Worcester Standard gesê hy is opgewonde oor die taak wat vir hom voorlê.

Dreyer het verder gesê die stigterslede het die sakebesluit geneem dat die opleidingsinstansie ten volle aanlyn moet wees om hom uit die staanspoor in die pas te bring met die nuwe rigting waarin opleiding tans beweeg. Tegnologie maak dit moontlik om effektiewe opleiding deur middel van ’n elektroniese platform aan ’n wye groep studente beskikbaar te stel. Dreyer het voorts verduidelik dat E2 Learn aanvanklik drie verskillende waardeproposisies sal aanbied.

Die eerste van die genoemde proposisies behels intreevlak-vaardigheidsontwikkeling vir werklose jeug tussen die ouderdom van 18 en 29 jaar. Hierdie vorm van opleiding behels ’n gestruktureerde 12 maande aanlyn leerprogram met ’n volledige induksieprogram en gepaardgaande modules wat onder meer daarop gemik is om studente se skryf- en taalvaardighede in Engels te verbeter en hulle te leer hoe om tegnologie doeltreffend in die werkplek te gebruik.

Die eerste vyf vaardigheidskwalifikasies wat deur E2 Learn aangebied word sluit in kursusse in gasvryheid en spyseniering, plantproduksie, tuisversorging, logistiek en verspreiding sowel as inligtingstegnologie.

Belangstellende studente is welkom om E2 Learn se webblad te besoek by www.e2learn.net om meer inligting oor kursusse en die prosedure vir aansoeke te bekom.

Die tweede proposisie behels algemene aanlyn kursusse.

Dreyer verduidelik die strategie in dié verband is om tradisionele klaskamer-onderrig meer toeganklik te maak deur kursusse aanlyn aan te bied. Dit sal bestaande sakeondernemings meer vryheid bied om hul personeel vir opleiding te benoem, sonder dat enigiemand nodig het om die werkplek te verlaat. Die beplande kursusse sluit onder meer in algemene leierskap en bestuursopleiding, tegniese opleiding wat prakties in die werksplek getoets en gebruik kan word, veiligheids- en gesondheidskursusse, jaarlikse verfrissingskursusse, ensovoorts.

Nog inligting in dié verband sal beskikbaar wees sodra die E2 Learn-platform ten volle ontwikkel is en aan die private sektor bekend gestel word.

Die derde proposisie sal behels om aan spesifieke behoeftes en versoeke met verwysing na opleiding gehoor te gee. Dreyer het gemeld dat ondernemings dikwels behoefte het aan spesifieke opleiding, wat nodig is om die leerkultuur van hul onderneming uit te bou. E2 Learn, tesame met sy span onderwerp-spesialiste, kan ondernemings daarin bystaan om leerprogramme in ooreenstemming met hul behoeftes te ontwikkel en die ooreengekome intervensie te fasiliteer. Dit kan insluit eerstevlak-leierskap- en bestuursprogramme, senior bestuurspan-leierskapsontwikkeling, operasionele opleidingsprogramme vir spesifieke behoeftes en vele meer.

’n Praktiese voorbeeld hou verband met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popi), wat op 1 Julie 2021 in werking getree het en vereis dat ondernemings alle werknemers wat met persoonlike inligting werk, moet oplei om aan die bepalings van die betrokke wetgewing te voldoen. E2 Learn het reeds met ’n plaaslike prokureursfirma hande gevat om die nodige opleiding op ’n praktiese en verstaanbare wyse vir ondernemings in die streek aan te bied.

As ’n laaste gedagte het Dreyer genoem dat E2 Learn ’n aanlyn opleidingsinstelling is wat daargestel is om waarde in die gemeenskap toe te voeg vir sakeondernemings en individue wat deel is van die streek.

Navrae kan aan Dreyer gerig word by marnus@e2learn.net.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.