Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wes-Kaap tree gou streng op

Na aanleiding van die nuutste aankondiging van 31 gevalle in die Wes-Kaap het die provinsiale regering besluit om strenger maatreëls toe te pas.

Teen druktyd het die aantal gevalle van Covid-19 (koronavirus) op 116 landwyd gestaan met bevestiging dat van die gevalle plaaslik oorgedra is en nie internasionaal nie.

“Ons het kennis geneem van die belangrikste inperking en maatreëls wat wêreldwyd en in Suid-Afrika ingestel word in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 te verminder. Ons het kennis geneem van praktyke van ander lande wat geraak is en die sukses wat hulle gevind het in sosiale distansiëring en verbeterde higiëne en praktyke, lui die verklaring.

Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap, het saam met die provinsiale regering gewerk aan ’n plan om die volgende beperkinge in te stel en openbare plekke van 18 Maart af te sluit:

  • Swembaddens;
  • Kampeerplekke;
  • Museums;
  • Kunssentrums;
  • Gemeenskapsale en burgerlike sentrums;
  • Ontspanningsentrums;
  • Stadions;
  • Oorde;
  • Braai- en piekniekplekke;
  • Stadsportvelde en
  • Natuurreservate.

Alhoewel nie almal altyd eerste hierdie waarskuwings en maatreëls toepas nie, word gevra dat mense eerder van hierdie plekke af wegbly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.