Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Winkel in brand verwoes
Solli Market


’n Winkel in Rawsonville, Solli Market, is Dinsdag deur ’n brand verwoes. Die winkel is op die hoek van Brand- en Riebeeckstraat.

Die dak het deels ineengestort en alle goedere en toerusting is in die brand vernietig.

Volgens ’n ooggetuie het die brand omstreeks 04:40 uitgebreek. Sy sê sy het wakker geword toe sy ’n vreemde geluid hoor. “Iets was nie lekker nie. Dit het geklink soos geweerskote, maar dalk was dit die vensters van die gebou wat gebars het,” vertel sy. “Toe my man sê hy ruik rook, het ons uitgegaan om te kyk wat aangaan,” voeg sy by.

Kookolie, noedels, seep en ander handelsware het in die puin gelê.Foto: Brümilda Swartbooi

Sy sê toe sy op die toneel aankom, het die vlamme reeds die meeste van die goedere en toerusting verwoes. “Die vlamme was baie hoog. Ek dink nie daar kon iets oorgebly het nie.”

Die eienaar was te geskok om kommentaar te lewer. Die brand was ’n tweede slag vir die eienaar en volg slegs 15 dae nadat sy ander winkel, Rawsonville Supermarket, in dieselfde straat deels gebrand het.

Met Standard se besoek aan die toneel was dit duidelik dat alles in die brand tot niet is. Kookolie, noedels, seep en ander handelsware het in die puin gelê.

By navraag het die brandweer gesê niemand is in die brand beseer nie.

Die brandweer het omstreeks 04:52 op die toneel aangekom.

“Die oorsaak van die brand word nog ondersoek,” het Johan Botha, die woordvoerder van die Breedevallei-munisipaliteit, gesê.

Meer oor:  Rawsonville  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.