Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Worcester groet ware steunpilaar vir menige

WORCESTER – Abé Jantjes (65), eienaar van Valley Funerals, is die afgelope Saterdag (29 Augustus) oorlede.

Jantjes was alombekend en ’n Worcesteriet in murg en been met ’n reusehart vir die gemeenskap. Standard het by die Jantjes-familie gaan hoor hoe hulle hom sal onthou.

“My pa het altyd tyd vir almal gehad en het sy hand uitgesteek oral waar hy kon help. Sy deur was altyd oop en hy was werklik ’n steunpilaar vir baie in die gemeenskap,” vertel sy dogter, Gerda.

Jantjes het vroeër jare as finansiële adviseur by Sanlam gewerk waar hy uitgeblink het in die pos en verskeie eerbewyse gekry het. Hy het later, in 1999, Valley Funerals begin.

By Valley Funerals het hy seker gemaak daar word gehaltediens aan die gemeenskap gelewer en dat mense met waardigheid ter ruste gelê word.

“Sy dood was ’n groot skok vir almal, veral die familie. Hy was vir baie ’n rolmodel en ’n vaderfiguur met ’n vriendelike persoonlikheid. Hy was jare lank ’n getroue dienskneg van die Nuwe Apostoliese Kerk.

“Ek gaan sy wysheid en lewenslesse baie mis en sal dit nooit vergeet nie. My pa het vir ons almal waardes en respek geleer wat ons saam met ons op ons lewenspad neem,” sê Jantjes se dogter, Friedel.

Sy het verder aan Standard genoem sy is dankbaar sy het ’n pa soos hy gehad en noem dat as almal ’n vaderfiguur soos hy gehad het, sou die wêreld ’n beter plek gewees het.

“Nederig, respekvol, saggeaard en allemansvriend . . . dit was die persoon wat Abé was en ons sal hom vir altyd mis,” sluit Gerda af.

Abé laat sy vrou, Denise, drie kinders en vier kleinkinders agter.

. ’n Gedenkdiens is gister ter herinnering van Jantjes gehou. Die familie is steeds besig om die begrafnisreëlings te finaliseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.